
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:18 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

GENERING VAN ADDISIONELE INKOMSTE

(Voorstel)

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, in die lig van die beperkte magte en hulpbronne om inkomste in die Wes-Kaap te genereer en om die Wes-Kaapse Regering in staat te stel om die ontsaglike verknorsing waarin die mense hulle bevind, te verlig -

(a) die Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning versoek om 'n navorsingsprojek van stapel te stuur om die moontlikheid van 'n heffing op alle ekonomiese aktiwiteite of enige ander metode om bykomende inkomste in die Wes-Kaap te genereer, te ondersoek; en

(b) verder 'n beroep op die Minister doen om die Bestuurskole van die Universiteite van Kaapstad, Wes-Kaapland en Stellenbosch te nader om met so 'n ondersoek te help.

*Die SPEAKER: Orde! Aangesien daar besware is, sal die voorstel op die Ordelys geplaas moet word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

OPERASIE MAXIMISE

(Voorstel)

Mnr S E BYNEVELDT: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) kennis daarvan neem dat 1 603 mense in 'n onlangse spesiale polisie-operasie, Operasie Maximise, in die provinsie in hegtenis geneem is;

(2) sy dank uitspreek teenoor die SAPD, SANW en alle verkeersdepartemente wat aan hierdie gesamentlike operasie deelgeneem het; en

(3) die hoop uitspreek dat soortgelyke operasies in die toekoms herhaal sal word.

Die SPEAKER: Orde! Aangesien daar 'n beswaar is, sal die voorstel op die Ordelys moet verskyn.
INTERNASIONALE VROUEDAG

(Voorstel)

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) vandag as Internasionale Vrouedag erken en die beweging, The World March of Women 2000, waarin meer as 3 700 groepe van 149 lande sal deelneem, ondersteun;

(2) homself daartoe verbind om geen steen onaangeroer te laat nie om te verseker dat -

(a) geweld teen vroue in die Wes-Kaap stopgesit word; en

(b) die nasionale Departemente van Justisie en van Gesondheid, sowel as die SAPD, toegerus word om slagoffers van verkragting te help, en voorvalle te voorkom soos di waarin 'n agtjarige meisie wat op 7 Maart 2000 in KwaZulu-Natal verkrag is en wat vier uur moes wag om deur die distriksgeneesheer behandel te word, terwyl hy eers die verkragter behandel het.

Goedgekeur.

WES-KAAPSE BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

(Komiteestadium hervat)

Begrotingspos 3 - Finansies

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Voorsitter, gedurende die afgelope jaar het die Departement van Finansies voortgegaan met die inwerkingstelling van die beleidsdoelwitte en strategiese oogmerke wat op 16 September 1999 in my beleidstoespraak uiteengesit is. Ek glo dat die omvang van ons sukses met die behaal van hierdie sleutelresultate aangetoon is in die Begroting wat ek op 28 Februarie by hierdie Parlement ingedien het en wat die gevolg was van baie van die inisiatiewe wat in onlangse jare in die Tesourie ingestel is.

Daardie Begroting kan gebruik word as 'n maatstaf vir die mate waarin ons geslaag het om te voldoen aan die sleutelresultate van hierdie departement. Dit is 'n geloofwaardige en haalbare Begroting hierdie; die optimale toewysing van hulpbronne; 'n verstaanbare en verbruikersvriendelike Begroting; die maksimale benutting van eie-inkomstebronne; 'n regverdige, billike, deursigtige, mededingende en kostedoeltreffende verkrygingstelsel; gesonde fiskale en finansile dissipline; waarde-vir-geld-besteding; en verhoogde doeltreffendheid en produktiwiteit deur middel van die gebruik van inligtingstegnologie.

Ooreenkomstig die grondwetlike verskanste beginsel van interowerheidsverhoudinge was daar 'n wisselwerking tussen die departement en verskeie rolspelers op sowel nasionale as provinsiale vlak ten einde die departement se sleutelfunksies en verantwoordelikhede te bevorder. Die departement het onder meer deelgeneem aan die nasionale sektor werkgroepe oor onderwys, gesondheid en welsyn, die Nasionale Verkrygingsforum, slypskole oor die Wet op Bestuur van Openbare Finansies en die Infrastrukturele Hersienings- en Gesondheid 4x4-spanne.

Die Batho Pele-diensleweringsprogram is ook gevestig en ingestel. Die diensleweringsprogram word op 'n deurlopende grondslag hersien en bygewerk en sal in April 2000 gepubliseer word. Wat kapasiteitsbou in ander departemente betref, het senior amptenare van die Departement van Finansies lesings aangebied vir studente wat ingeskryf het vir die senior en finansile bestuurskursusse by die Provinsiale Administratiewe Akademie. Voorts is funksionele finansile opleiding aan 1 111 amptenare uit 'n teikengroep van 1 500 voorsien.

Soos ek in my Begrotingsrede gemeld het, is 'n formele fiskale beleidsdokument vir die eerste maal, met behulp van eksterne en interne deelnemers, opgestel voor die afhandeling van die nuwe MTEF-begrotings vir die 2000-01 boekjare en verder.

Me die Voorsitter, ek moet s dat die intieme gesprek tussen die agb Leier van die Opposisie en sy bankmaat ietwat steurend is. Ek wonder of u kan probeer om die situasie te beheer. [Tussenwerpsels.]

Die finale weergawe, soos goedgekeur deur die provinsiale Kabinet, het die titel "Die Beleidsraamwerk vir Wes-Kaapse Inkomste en Besteding" gehad en is wyd onder belanghebbende organisasies in sowel die openbare as private sektor versprei. Agb lede sal weet dat dit die grondslag gevorm het vir die finale 2000-01-begroting. In die komende boekjaar sal ons voortgaan met die jaarlikse verfyning en bywerking van hierdie fiskale beleidsraamwerk wat steeds die sleutelprioriteite en leweringsaspekte van die Provinsiale Regering sal weerspiel.

Die vorige doelgerigte klem daarop om die Provinsie binne die perke van die begroting te kry, is in die 1999-2000-boekjaar voortgesit. Nadat die Wes-Kaap 'n mate van konsternasie in die nasionale Ministerie van Finansies veroorsaak het deur in die 1997-98-boekjaar vir 'n tekort te begroot, het hy oor die afgelope twee boekjare sy strategie verander en die fiskale grenslyne wat vir hom neergel is, aanvaar.

Me die Voorsitter, die hoofklem in hierdie tydperk was op die daarstelling van 'n stabiele grondslag waarvandaan ons dienste kon herontplooi en besteding kwalitatief en kwantitatief kon herprioritiseer ten einde spesifieke verlangde uitsette en resultate te verkry.

Vanwe hierdie inisiatiewe is die druk tydens die afgelope boekjaar grootliks verminder en met die uitsondering van Gesondheid behoort die Provinsie teen Maart 2000 baie naby daaraan te kom om gelyk te speel. Dit, saam met die verligting wat in die 1998-99- en 1999-2000-boekjare aan alle provinsies deur die nasionale Minister van Finansies gegee is, het die opgeloopte skuldposisie van die Provinsie dramaties verbeter.

Me die Voorsitter, aan die tegniese begrotingsgrond het verskeie ontwikkelings plaasgevind. Die formaat van die Aansuiweringsbegroting is hervorm en die beginsel om vir negatiewe bedrae te begroot - in plaas van die nominale R1 000 - is nasionaal op inisiatief van hierdie Provinsie aanvaar. Tydens September 1999 het die nasionale Departement van Finansies die nuwe begrotingsformaat van Regeringsfinansiestatistieke (RFS) aan provinsies bekend gestel.

PROVINSIALE EIE-INKOMSTE

Me die Voorsitter, verskeie inisiatiewe is ook geloods met die oog daarop om provinsiale eie-inkomste te verbeter. Ek het aan hierdie saak aandag gegee in my Hoofbegroting en ek sal my voorstelle nie hier herhaal nie.

DOBBELARY

Aan die inkomstefront sal ons ook met die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne skakel om gesonde finansile administrasie te bevorder, wat die maksimale benutting van inkomste vir die Provinsie sal uitbou.

Me die Voorsitter, terwyl ek by die onderwerp van dobbelary is, ek het onlangs in die geselskap van die voorsitter en lede van die Wes-Kaapse Raad op Dobbelary en Wedrenne na Las Vegas gereis. Ek het samesprekings gevoer met die ekwivalent van ons Dobbelraad, die Universiteit van Nevada en hul dobbelary kundiges, en het verskeie casino's besoek.

*Mnr Y GABRU: Het u gedobbel?

*Die MINISTER: O ja, ek het. Interessantheidshalwe, ek word toegelaat om daar te dobbel. Ek het gewen en ek sal die besonderhede aan die agb lid mnr Gabru verstrek. Ek het met die Provinsie se geld gedobbel, dus het die wins na die Provinsie gegaan.

Me die Voorsitter, dit is regtig 'n ernstige geleentheid en ek wil nie ligsinnig wees nie.

Ek wil agb lede se aandag graag vestig op een van die aspekte wat by my groot kommer vir hierdie Provinsie wek. Hoe gaan ons die taak aanpak om probleemdobbelary te hanteer? Ek moet s dat wat ek in Las Vegas geleer het, was wat om nie te doen nie, in plaas van wat om te doen. In Las Vegas word dit hanteer op 'n wyse wat bloot die oppervlakte versteur sover dit openbare bewussyn aangaan, en dit in 'n staat met die onbenydenswaardige rekord dat hy na bewering die hoogste statistieke in die VSA vir selfmoord en kinderswangerskappe het.

Me die Voorsitter, ek is daartoe verbind om te verseker dat die Wes-Kaap 'n sterk beleid oor hierdie aangeleentheid het, en ek gee kennis daarvan dat ek wetgewing in hierdie verband sal indien, indien dit nodig is. 'n Mens kan 'n verslaafde sonder uitsondering herken, of dit nou 'n alkoholis of 'n dwelmverslaafde of wat ook al is, maar 'n kompulsiewe probleem-dobbelaar word slegs deur sy of haar geliefdes gedentifiseer.

Lede van die publiek moet na my mening deur middel van prominente kentekens by alle dobbelplekke ingelig word oor wie hulle in hierdie verband moet kontak. Ek sal in hierdie opsig met die Dobbelraad en die agb Waarnemende Minister van Maatskaplike Dienste skakel, asook met ander spesialis individue en organisasies.

Me die Voorsitter, ek wil dit graag duidelik maak dat die Wes-Kaap nie op die kantlyn sal staan en kyk hoe gesinswaardes ten gronde gaan nie. Volgens statistieke wat aan my voorgehou is, het hierdie Provinsie reeds 'n groep van sowat 2,5% van sy bevolking wat as probleem-dobbelaars beskou word, en dit is voor die inwerkingtreding van casino's. Ek vertrou dat ek in hierdie verband op die steun van hierdie Provinsiale Parlement kan staatmaak.

WET OP BESTUUR VAN OPENBARE FINANSIES

Me die Voorsitter, in voorbereiding vir die inwerkstelling van die Wet op Bestuur van Openbare Finansies is die Tesourie-komponent van die departement wesenlik herstruktureer met behulp van die Organisasie en Werkstudiekomponent en van die eertydse Departement van Korporatiewe Dienste.

Verskeie dokumente wat riglyne en instruksies bevat, asook 'n uitgebreide opleidingsprogram om die inwerkingstelling van die Wet gladder te laat verloop, is ook saamgestel. 'n Groot deel van laasgenoemde is gegrond op nasionale raamwerke. Rekenkundige funksies sal vanaf 1 April 2000 ten volle gedesentraliseer word na die Departemente van Onderwys, Gesondheid en Welsyn, Ekonomiese Sake, Landbou en Toerisme, asook na die Provinsiale Parlement.

Dit is die voorneme om rekenkundige funksies oor die volgende twee of drie jaar verder na die oorblywende departemente te desentraliseer. Dit word gedoen om finansile bestuur in alle departemente te bevorder en hulle ook in staat te stel om met die vereistes van die WBOF te voldoen.

Me die Voorsitter, in ooreenstemming met die waarde-vir-geld-beginsels wat in die WBOF vervat word, moet ons verseker dat die provinsiale departemente en provinsiale openbare entiteite verslag doen oor die begrotingsdoelwitte wat ten opsigte van besteding, leweringsaspekte en deursigtigheid gestel word, en dat hulle gevalueer word vir hul bydraes tot doeltreffende en doelmatige benutting van fondse.

Terselfdertyd sal die departement verseker dat 'n regsraamwerk vir rekenpligtige beamptes, uitvoerende gesagte en ander amptenare daargestel word, waarbinne hierdie funksionarisse doeltreffend kan optree.

VERKRYGING

Aan die verkrygingsfront is 'n voorkeurstelsel ingestel om voorheen benadeelde persone behulpsaam te wees met die toekenning van provinsiale kontrakte. Voorts is die elektroniese aankoopstelsel vir alle aankope tot op die bedrag van R20 000 na alle departemente uitgebrei.

Die grootste kontrak wat in die huidige jaar deur die Provinsiale Tenderraad toegeken is, was die tender vir die nuwe Maatskaplike Pensioene Uitbetalingstelsel ter waarde van R183 miljoen. Op aandrang van die departement se klinte is die Kantoor van die Tenderraad geherstruktureer om voorsiening te maak vir die toenemende ingewikkeldheid van die verkrygingsfunksie. Die Kantoor is ook verskuif om dit meer toeganklik en gerieflik vir personeel en lede van die publiek te maak.

Me die Voorsitter, dit is belangrik dat hierdie Provinsiale Regering volstoom moet voortgaan om verdere verkrygingsbeleid en strategie in te stel om die deelname van klein maatskappye en maatskappye in besit van swartes aan die provinsiale verkrygingsproses uit te bou. As deel van hierdie veldtog moet die huidige verkrygingstelsel en dokumentasie vereenvoudig word ten einde dit meer verstaanbaar vir sowel die private sektor as verkryingsamptenare in provinsiale departemente te maak.

DEBITEURE BESTUUR

Me die Voorsitter, van besondere belang is debiteure bestuur. In hierdie opsig moet ons die doeltreffende bestuur van provinsiale debiteure teen 31 Maart 2002 verseker. Op 30 September 1999 het die totale bedrag van uitstaande skuld op R433 miljoen gestaan, waarvan R180 miljoen verband gehou het met motorvoertuiglisensies en R118 miljoen met hospitaalgeld.

Daar moet genoem word dat hierdie totaal eise teen ander departemente en provinsies ten bedrae van R83 miljoen uitsluit en dat dit deur ander meganismes opgevolg word.

Omdat uitstaande motorvoertuiglisensies in hierdie stadium die grootste enkele probleem is, word hierdie skuld as hoogs geskik beskou vir 'n loodsprojek wat ontwerp is om die praktiese uitvoerbaarheid van 'n alternatiewe debiteure stelsel te toets en te evalueer. Goedkeuring is gevolglik van die Tenderraad verkry om die invordering van uitstaande motorvoertuiglisensies en/of die regstelling van rekords op die hoofler op 'n proefgrondslag uit te bestee vir 'n tydperk wat nie agt maande sal oorskry nie. Daar word verwag dat daar in April vanjaar met die inwerkingstelling van hierdie projek begin sal word.

Wat hospitaalgeld betref, is 'n private skuldinvorderingsagentskap vir alle hospitale met ingang van 1 Maart 1999 aangestel. Hierdie kontrak verstryk aan die einde van Februarie 2001 en oor die eerste 12 maande is die volgende bereik - en die bedrae wat ek gaan noem, is benaderde, afgeronde bedrae: rekeninge aan skuldinvorderaar oorhandig, R30,5 miljoen; kontant ingevorder, R1,7 miljoen; paaiemente gerel, R3,2 miljoen; beslagleggingsorders ontvang, R1,2 miljoen; onverhaalbare rekenings teruggestuur, R2,5 miljoen. Uit hierdie syfers kan gesien word dat ons nog baie moet doen.

Gesondheid moet alle eer kry omdat hulle met hierdie projek begin het.

Me die Voorsitter, wat maatskaplike pensioene en toelaes betref, is ons besig om, met die goedkeuring van die provinsiale Tesourie, alle skuld wat ouer as drie jaar is - ongeveer R13 miljoen - af te skryf. Die saldo sal f deur middel van aftrekkings van toekomstige betalings f deur normale opvolg- of regsprosesse verhaal word. Daar word beoog om 'n skuldinvorderaar aan te stel om met hierdie taak behulpsaam te wees.

'n Private skuldinvorderaar is ook met ingang van 1 November 1999 vir 'n tydperk van een jaar deur Onderwys aangestel om behulpsaam te wees met die invordering van uitstaande onderwysbeurse wat teen die einde van verlede September op R18 miljoen gestaan het. Hoewel dit nog te vroeg is om oor enige sinvolle vordering verslag te doen, kan ek die Parlement inlig dat ongeveer R189 000 tot dusver ingevorder is.

In die algemeen word uitstaande skuld opgevolg deur roetine opvolgprosedures, met inbegrip van die regsproses waar dit nodig is. Vanwe personeeltekorte en die gebrek aan toegewyde en ten volle opgeleide personeel, saam met ontoereikende stelsels vir die bestuur van agterstallige debiteure rekeninge, voldoen die afhandeling van skuld nog steeds nie aan verwagtinge nie. As die loodsprojek waarna ek verwys het, geslaagd blyk te wees, sal dit na ander debiteure kategorie uitgebrei word.

INLIGTINGSTELSELS

Me die Voorsitter, om die huidige Kaapse Hospitaalstelsel, wat nou 25 jaar oud is, te vervang, is ons besig met die inwerkingstelling van 'n nuwe hospitaalinligtingstelsel. Hoewel oorspronklik beplan is om vroeg in Desember verlede jaar met die eerste fase van die stelsel aan die gang te kom, is die inwerkingstellingsdatum sedertdien tot Junie 2000 uitgestel vanwe verskeie regs- en tegniese probleme. Die totale beraamde besteding aan hierdie projek sal R234 miljoen oor ses jaar beloop en dit sluit infrastruktuurvereistes, wisselkoerse en onderhoudskoste in.

As gevolg van die probleme met die projek het ons die nodige regstellende stappe gedoen, met inbegrip van die afhandeling van 'n hersiene kontrak.

Die HIS-projek is voortdurend onder die waaksame oog van die Provinsiale Tesouriekomitee, wat vroeg in April 'n volledige verslag in hierdie verband moet ontvang.

Me die Voorsitter, meer belangrik, wat inligtingstegnologie in die algemeen betref, het ons in 1998 met 'n tweefase strategie begin om inligtingstegnologie as 'n sleutelfaktor vir toekomstige sukses te herposisioneer. Die eerste fase het die stabilisasie- en rasionalisasieprogram behels om die bedankings van opgeleide personeel uit die departement te keer; die gebruik van fondse regdeur die Administrasie optimaal te benut en te prioritiseer; en om 'n infrastruktuur te vestig wat op gemeenskaplike standaarde gegrond is ten einde versoenbaarheid, kommunikasie en die ontplooiing van Internet- en e-pos-tegnologie te verseker.

Ons het nou ons tegniese kundigheidsbasis herbou en 'n infrastruktuur gevestig, en verkeer nou in die posisie om die digitale tydperk te verwelkom. Die Begrotingstoekenning van R103,45 miljoen, waarvan 27% aan salarisse toegewys is en 27% aan 'n kombinasie van die Staatsinligtingstegnologie-agentskap - beter bekend as SITA - kontrakteurs en sagtewarelisensies, laat 44%, of R45 miljoen, oor vir sleutelprojekte van die onderskeie departemente.

Die tweede fase van die voormelde strategie het die proses behels waarvolgens die onderskeie departemente se stelselbehoeftes en die IT-infrastruktuur om hulle te ondersteun, gedentifiseer en geprioritiseer is. Om aan al die behoeftes te voldoen, sou 'n vier maal groter bedrag nodig wees. Gevolglik kan ons slegs op kernbelangrike terreine bestee, wat beteken dat IT-besteding oor die volgende paar jaar wesenlik verhoog sal moet word as ons sinvol wil deelneem aan die digitale ekonomie wat reeds wreldwyd tot groot veranderings gelei het.

Me die Voorsitter, ten slotte, Finansies is die enjinkamer van ons provinsie en ek glo dat dit gesamentlik in baie bekwame hande is - en vir die inligting van die agb lid mnr Gabru, ek sluit myself nie daarby in nie. Ek wil die agb Premier, my kollegas in die Kabinet, lede van die Provinsiale Tesouriekomitee, die voorsitter en lede van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe, voorsitters en lede van al die ander staande komitees en departementshoofde en hul personeel bedank vir hul volgehoue ondersteuning en begrip. 'n Spesiale woord van dank aan dr J G Stegmann en sy Span Finansies vir 'n taak wat baie goed verrig is.
Mnr A ISMAIL: Me die Voorsitter, laat my toe om eerstens die Leier van die Huis geluk te wens met sy verjaarsdag vandag. [Tussenwerpsels.] As ek my sommetjies gou maak - ek dink hy is so vyf jaar ouer as ek - dan behoort hy vandag 49 jaar oud te wees. Baie geluk, kollega! Ek vertrou daar sal vanaand vir ons 'n partytjie of iets wees. [Gelag.]

*Me die Voorsitter, nie lank gelede nie het Suid-Afrika sy regmatige plek teruggekry in die Verenigde Nasies en die familie van lande. Die keerpunt in die geskiedenis van hierdie volk ses jaar gelede het my so emosioneel gemaak dat ek byna in trane uitgebars het, want vir die eerste keer in my lewe het ek soos 'n Suid-Afrikaner gevoel. Ek het my land lief, ek het die mense daarvan lief en ek wil 'n Suid-Afrikaner bly tot ek die dag doodgaan.

Om aan te bly en van diens te wees in Suid-Afrika in die algemeen, en spesifiek in die Wes-Kaap, is om in die middel van die verhoog te bly in een van die mees asemrowende tonele van menslike drama en uitdagings in die hele geskiedenis. Maar ons kan nie die verlede ignoreer as ons die toekoms binnegaan nie, want verwagtinge word deur onreg gevoed. Dit was nooit 'n maklike pad na politieke vryheid nie. Die lang pad na vryheid sal geen eindbestemming h as ons nie die ekonomiese kettings verbreek nie.

Die renboognasie staan op die rand van die afgrond, kyk na die afgrond en wonder of hy gaan sink of swem. Wat is die nut van vryheid as ekonomiese regstelling nie na vore tree nie? Hoe werklik is die begrip van vryheid as die slot wat ekonomiese vryheid toesluit, vas en onaangeraak bly? Die ligjare tussen di wat het en di wat nie het nie, is besig om toe te neem.

Ons het te lank na 1994 toegelaat dat sekere blankes - ek is nie 'n rassis nie, maar ek moet dit s - op wag staan voor die ware poorte na vryheid. [Tussenwerpsels.] Ons het vir te lank toegelaat dat die 48-jaar oue apartheidsagterstand toeneem. Ons het vir te lank in gebreke gebly om op te tree met die nodige politieke wil om diegene te vernietig wat besig is om in donker hoekies te beplan om ons mense dit te onts wat regmatig aan hulle behoort. Hul voorvaders het Suid-Afrikaanse grond betree met die Bybel in hul hande, terwyl ons die grond gehad het. Nou het hulle die grond en ons het die Bybel.

Drie en veertig jaar van my lewe is deurgebring deur tevergeefs - geduldig, gematig en nederig - aan 'n toe en versperde deur te klop. Mislukking l en wag as ons nie daarin slaag om ons mense vry te maak van die vernietigende uitwerking van armoede, wat besig is om tot by die punt van wanhoop toe te neem, nie. Dit is ons verantwoordelikheid om die belangrikste oorblywende skeidsmuur af te breek en 'n provinsie te skep waarin daar nie baie arm swartes, arm bruines en onbillik verrykte blankes sal wees nie, maar slegs Suid-Afrikaners. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, te veel wat skuldig is aan onderdrukking het weggekom en word steeds toegelaat om weg te kom met die ekonomiese moord op die massas. As hoop eers vernietig is, verminder die waarde van ons bestaan. Om in hierdie pragtige provinsie aan te bly, moet nie net 'n geloofsdaad word nie. As hierdie skip ondergaan, sal ons almal verdrink.

Ons het bereik wat baie min ander mense in die wreld gedink het ons kon doen. Ons het onsself politiek bevry en 'n demokrasie geskep, en ons het dit sonder oorlog en revolusie gedoen. Kom ons gaan een stap verder. Onthou, demokrasie kos 'n prys. Waar ongelykheid groot en radikaal gedentifiseer word, is demokrasie die slagoffer. Ja, ons eie passiwiteit is die grootste bedreiging vir demokrasie. Die konflik tussen armoede en demokrasie is besig om ons grootste probleem te word, en dit word erger onder die omstandighede van toenemende werkloosheid.

Kan 'n demokrasie in sy kinderskoene die oop wonde van onregte van die verlede genees en al die verskillende mense van die Wes-Kaap saambind? Ek s ja, mits ons hier in die Departement van Finansies begin. Die provinsiale demografiese statistiek vir die Wes-Kaap van 17,8% swartmense, 58% bruinmense en 23,9% blankes word nie in hierdie departement weerspiel nie. Tans het hulle slegs 3 swartes uit 'n totaal van 290 werknemers in daardie departement in diens, en 124 bruines en 158 blankes. Gaan hierdie blanke regstellende optrede proses nog steeds aan? Wanneer sal die regstellende optrede plan vir blankes en bruines werklik aan die gang kom? Kan ons regtig 'n blanke vrou vertrou om hierdie werk te doen as sy, na ses jaar, met niks anders as 'n belediging vir die Grondwet na vore gekom het nie?

As 'n blank-regeerde land was Suid-Afrika gedoem. As 'n blank-regeerde administrasie is die Wes-Kaap gedoem. In die Wes-Kaap het dekades - indien nie eeue nie - van institusionele roof deur 'n skandalig rasgegronde stelsel 'n swaar tol geis. Ons in die Wes-Kaap is nie met ras behep nie, maar genstitusionaliseerde rassisme het hierdie provinsie opgemors. Die regstelling daarvan sal 'n mate van genstitusionaliseerde rassisme moet behels.

Me die Voorsitter, dit is 'n dringende saak hierdie. Ons moet dit nie enigsins verder beduiwel nie. Kom ons werk met 'n groter wil om swartes en bruines met 'n kortpad in die hoofstroom van die ekonomie te kry sodat ons die lewensgehalte van al die mense in hierdie provinsie kan verhoog en die gaping tussen diegene wat het en di wat nie het nie, drasties kan verklein. Dit is die plig en verantwoordelikheid van hierdie Regering om aan die verwagtinge te voldoen van bruines en swartes wat vir 'n lang tydperk geen erkenning geniet het nie, veral nie in die bestuurskader nie.

Die teiken vir totale verteenwoordiging deur die PAWK is in 1996 vir 1999 gestel. Ons is toe in hierdie Huis deur die destydse Minister van Finansies en Landbou verseker dat die PAWK teen 1999 werklik verteenwoordigend van al die mense van die Wes-Kaap, met inbegrip van gestremdes, sou wees. [Tussenwerpsels.]

Die Provinsiale Dienskommissie het 'n beleidsdokument oor regstellende optrede opgestel en een van die riglyne van hierdie beleid was dat die PAWK 'n spesiale program amptenaar moes aanstel om die bestuur te help met die daarstelling van 'n verteenwoordigende werkerskorps.

Ek het gister 'n paar statistieke van die departement bekom en ten spyte van die besluit wat deur hierdie Huis en die Kabinet geneem is - ek weet nie met wie oorleg gepleeg is nie - is die doelpale verskuif. Die datum is nou 31 Desember 2002, meer as drie jaar later. [Tussenwerpsels.] Daardie provinsiale dienskommissarisse is nou in die nasionale Staatsdienskommissie opgeneem en hulle is nie bewus hiervan nie. Daar is nie met hulle oorleg gepleeg nie. Wie verskuif die doelpale in hierdie Provinsie as dit by regstellende optrede kom?

Me die Voorsitter, ek wil graag 'n bietjie agtergrond oor die Provinsiale Dienskommissie ter wille van ons nuwe agb lede hier. Dit is in 1996 geskep en het 'n transformasie-eenheid gehad. Dit het toe onaktief geraak vanwe 'n hofgeding teen die destydse nasionale Minister vir die Staatsdiens en Administrasie oor die Staatsdienswysigingswet. Die lede is toe op 1 Januarie 1999 as die nasionale Staatsdienskommissie aangestel. Hulle het sedertdien begin met 'n verslag oor die verteenwoordigers in die Staatsdiens. Hulle is besig om die verslag te voltooi, maar vanwe verkeerde data kon hulle dit nie afhandel nie. In die meeste gevalle is korrekte inligting ten opsigte van die verspreiding van salarisvlakke nie beskikbaar nie. Die departemente het nie sodanige inligting in die Persal-stelsel bygewerk nie. Wie doen dit doelbewus in hierdie Administrasie? Dit is een jaar en drie maande later, en apartheid regeer steeds uit die graf.

Me die Voorsitter, as ons provinsie nie gelyke geleenthede kan verseker vir diegene waarteen gediskrimineer is nie, as ons nie die onopgeleides kan oplei vir die bestuurskader nie, as ons nie geloof kan gee aan diegene wat wanhopig is nie, as ons nie die vertroue kan terugwen van geslagte van ons jeugdiges wat op die punt staan om vir altyd vir hierdie land verlore te wees nie, sal ons nuutgevonde politieke demokrasie en die vryheidsproses tevergeefs wees en ons nuutgevonde vryheid sal leeg wees.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, dit maak my nederig om te volg op die toespraak wat so pas deur die agb lid mnr Ismail gelewer is. Ek dink dat dit buitengewone moed en toewyding geverg het om daardie toespraak te maak.

Ek wil ten eerste graag s dat die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning nie sy standaarde op my behoort af te dwing nie. Ons ondersteun nie al die voorstelle wat deur die agb lid van die ACDP gemaak is nie. Om bloot van inkomsteskepping melding te maak, beteken nie dat ons instinkmatig reageer nie. Belasting, in geval die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning dit nie weet nie, is 'n nasionale bevoegdheid. Ons wil nie belastingbetalers se geld verkwis op sinnelose navorsingsprojekte nie. [Tussenwerpsels.] Dit is nie net 'n nasionale bevoegdheid nie, maar soos dit hier gestel is, word daarna verwys as 'n nasionale bevoegdheid.

Ten tweede is ons baie bemoedig en wil ons die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning in die gees van samewerkende regering bedank. Sy gedagtes en standpunte - dit moet natuurlik omgeskakel word in beleid en programme - oor die maatskaplike koste van dobbelary is baie bemoedigend. Ons as 'n Huis moet aandag daaraan gee. Ons moet die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning ondersteun om te verseker dat die standpunte wat vandag uitgespreek is, tasbaar in beleid en programme uitgedruk word.

Hoewel ek dit s, weet 'n sekere predikant beter as ons dat die duiwel dikwels in die besonderhede verskuil l. Wat Begrotingspos 3 en die kwessie van verkryging betref, deel ek die ernstige kommer van die agb lid mnr Ismail. Dit is voorts baie ontstellend dat die agb lid mnr Isaacs opgestaan en gepraat het oor baie ernstige probleme ten opsigte van bemagtiging en verkryging wat die casinolisensie betref.

Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het in sy toespraak ges:

Compliance by both departments and the private sector to directives of the provincial Tender Board and conditions of contracts need to be enforced and monitored to ensure that the procurement system functions properly.

Die agb lid mnr Isaacs het gister opgestaan en ges dat dit hoegenaamd nie behoorlik funksioneer het nie.

Hy het ges - hy het nie hierdie woorde gebruik nie - dat daar steeds "huur-'n-swarte"-gevalle in gesamentlike ondernemings was waar die mag en die aandele in die hande van blankes gebly het, maar waar daar 'n swart gesig en miskien selfs verryking was, waarna die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme dikwels verwys. Hy verswyg natuurlik die feit dat hy slegs krities is oor verryking wanneer dit by swartes kom. Wat hom betref, gaan dit nie oor magtige rykaards en eeue van verryking deur 'n klein groepie blankes nie. Maar kom ons laat dit vir die oomblik daar.

Ek het 'n vraag in hierdie verband gestel. Dit gaan oor hoeveel kontrakte toegeken is en aan wie; wat die beleid en maatstawwe, spesifiek in daardie geval, vir verkryging was; of daar, soos die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning hierdie Huis beloof het, voldoening was of nie; en of trekarbeid of arbeid uit ander provinsies gebruik is, en indien wel, onder watter omstandighede en indien nie, wat die aard van die probleem is. Die Huis moet sekere versekerings van die agb Minister verkry. Is die aantygings waar? Indien wel, wat is die toedrag van sake presies? Hopelik kan die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning onmiddellik hierop antwoord, veral in die lig van die opmerkings wat later deur die agb lid mnr Ismail en vermoedelik ander gemaak is.

Hoe sal die agb Minister die voldoening afdwing? Wys die agb lid mnr Isaacs slegs na die nie-voldoening by verkryging of is hier miskien aanduidings dat iets nie pluis is nie, waarop ons moet ingaan? Ons skaar ons geheel en al by 'n deursigtige proses waarin daar geen botsende belange is nie en die besluitnemende gesag ten volle verteenwoordigend is van die bemagtingsbeleid wat ons volgens ons uitsprake wil implementeer. As die aantygings nie waar is nie, sal die agb lid mnr Isaacs, wat 'n eerbare persoon is, dit terugtrek.

Die tweede kwessie duik in hierdie Begrotingspos op, asook in Begrotingspos 6. SKOF het kommer uitgespreek oor die koste van die mislukking of gedeeltelike mislukking van die tender vir Hospitaalinligtingstelsels. Ons moet baie verder gaan as wat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning aan die hand doen. Die agtergrond is natuurlik dat ons nie met die verskanste onafhanklikheid van die Tenderraad en sy prosesse kan inmeng nie, maar ons, as hierdie Huis, moet sonder vrees of begunstiging kennis neem daarvan dat die Tenderraad die aanbevelings van die departement verontagsaam het. Ek s nie daarmee dat die Tenderraad dit nooit onder enige omstandighede kan doen nie, maar dit gee aanleiding tot ernstige kommer.

'n Ernstige en duur gebrek om aan tendervoorskrifte te voldoen, het opgeduik en die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning verwys vlugtig daarna wanneer hy eenvoudig na vertragings en onkoste verwys op die wyse waarop hy dit gedoen het. Dit sluit nou regs- en bykomende koste in. Daar is ook 'n geleentheidskoste, met inbegrip van die vertragings in die inwerkingstelling van hierdie tender. Dit is 'n baie ernstige saak. Dit kan nie net hanteer word deur "met kommer daarvan kennis te neem" nie.
Ons verwelkom die feit dat 'n verslag hieroor aan die Tesourie voorgel sal word, maar ons aan hierdie kant van die Huis wil verder gaan. SKOF of 'n gepaste komitee van hierdie Huis moet ten volle oor daardie verslag ingelig word. As 'n bevredigende verduideliking - bevredigend vir SKOF of die Huis - nie gekry word nie, moet die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning oorweeg om hierdie vraagstuk deur 'n veelpartyspan te laat ondersoek. Ek hoop dat hierdie voorstel die steun van alle partye in die Huis geniet.

SKOF het ges dat hy die pogings steun om 'n voorkeurverkrygingsbeleid daar te stel. Daar bestaan egter baie verwarring oor hierdie kwessie. Net terloops, dit was interessant om te sien dat die koalisie Maandag heeltemal onverhoeds betrap is. Hulle het almal 'n geweldige aanval op en teenkanting teen die Begroting verwag. Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het 'n emosionele en vars-van-die-kongres mediatoespraak gelewer, 'n terugslaantoespraak, wat die DP se swaai na regs saamgevat het. Hy kon dit nie verander nie, en dit is 'n toespraak wat in afwagting van ons teenkanting teen die Begroting gemaak is.

Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning, wat nie op sy voete kan dink of van rat kan verwissel nie, het aangehaal wat die nasionale Minister van Finansies oor die behoefte aan samewerkende regering ges het asof hy besig was om ons aan te val, maar ons het herhaaldelik ons verbintenis tot samewerkende regering vertoon. [Tussenwerpsels.] Om die Begroting te aanvaar terwyl die aandag terselfdertyd gevestig word op die ernstige gebreke, is samewerkende regering. [Tussenwerpsels.] Ons sal voortgaan om die aandag op daardie skandalige kwessies te vestig.

Op bl 8 van die goudkleurige boek verwys die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning na 'n nuwe verkrygingsbeleid. Regdeur die vergaderings van SKOF is ons meegedeel dat daar geen nuwe verkrygingsbeleid is nie. Wat in werking gestel is, is die ou tienpunt-verkrygingsbeleid van die nasionale Regering en, om die waarheid te s, agt, nege of agt en 'n half van die punte van die verkrygingsbeleid is in werking gestel. Die agb Minister het ons toe ook meegedeel dat daar nie 'n nuwe verkrygingsbeleid was nie omdat hy vir die regulasies gewag het wat met die nuwe nasionale wet oor verkryging gepaard gaan voordat hy sy beleid sou verfyn. Het ons hier met onbekwaamheid of doodeenvoudige bogpraatjies te doen? [Tussenwerpsels.] Is daar 'n beleid of is daar nie 'n beleid nie? Wat is die beleid en kan ons dit asseblief kry, sodat ons daarmee kan werk?

Soos die agb Minister ges het, is die Mediumtermyn-bestedingsraamwerk ontwerp om beleid en oogmerke in een instrument saam te vat, maar die departement het selfs toegegee dat hulle 'n baie swak begrip van die beleid het. Party van die agb Ministers weet nie wat beleid is nie en het dit nooit ter tafel gel nie. 'n Mens hoef nie 'n ruimte fisikus te wees om uit te werk en te onthou wie dit is nie! [Gelag.]

Ander dwarsleggende beleidsrigtings, met inbegrip van verkryging, word nie in alle departemente in werking gestel nie en daar is 'n groot mate van verwarring ten opsigte van hierdie beleid. Om die waarheid te s, ons moet onsself afvra of dit eerder te doen het met die feit dat daar nie in daardie alliansie eenstemmigheid oor hierdie beleid is nie en of dit te doen het met die feit dat daar geen eenstemmigheid kan wees nie omdat die DP, met 11% van die stemme, 60% van die Begroting in sleutelportefeuljes het waar verkryging lewens- en strategies belangrik is. Ek dink ons kan met veiligheid s dat die nasionale Regering besig is om beleid deur te voer, maar die Provinsie is besig om dit baie swak in werking te stel.

*Mnr D SILKE: Me die Voorsitter, dit is vir my baie aangenaam om vandag tot hierdie belangrike debat toe te tree. Die Departement van Finansies is die lewensbloed van hierdie Provinsie. Deur sy are vloei die uitbetalings van die nasionale Tesourie, en sy bloedvate lei na al die sleuteldienste wat regdeur ons Administrasie aangebied en verskaf word.

Ek wil die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning gelukwens met 'n uitstekende Begrotingsaanbieding en ook ons ondersteuning, lof en dank teenoor sy hele departement betuig, wat die Huis so doeltreffend van gedetailleerde hulp voorsien het tydens die begrotingsproses. Dit is inderdaad aangenaam om saam met hulle te werk.

Me die Voorsitter, dit is miskien gepas om met 'n meer makroperspektief te begin. Die Provinsie kry sy geld van die nasionale Tesourie, gegrond op 'n formule. In hierdie formule is die demografie van die provinsie, asook die oorhoofse ekonomiese voorspoed van Suid-Afrika, een van die maatstawwe wat kernbelangrik is vir ons billike deel. Ons in die Wes-Kaap betwis nou al geruime tyd die nasionale sensussyfers wat wys dat ons bevolking eintlik besig is om te verminder.

In die lig van die verslae deur die meeste Ministers wat dienste in die armer gebiede van ons provinsie administreer, is dit duidelik dat daar groot druk op al ons maatskaplike dienste is as gevolg van ons susters en broers van ander provinsies en lande wat 'n beter lewe in die Wes-Kaap soek. Ek bly bekommerd dat hierdie bykomende las op ons dienste en die gebrek van die nasionale Tesourie om dit te erken behoorlike begroting vir die armes sal verhoed. Dit is die armes wat as gevolg hiervan sal ly.

Me die Voorsitter, die agb Minister het ook in die Begroting uiting gegee aan sy frustrasie met die verkryging van meer bronne van eie-inkomste vir hierdie Provinsie. Die nasionale Tesourie het inderdaad sy ware kleure vertoon toe hy die belasting op internasionale vertrekke vir homself gekaap het. Daar is 'n selfsugtige houding aan die kant van die nasionale Ministerie ten opsigte van die heffing van provinsiale belastings, en ek glo dat dit ooreenstem met die ANC se begeerte om beheer op 'n sentrale vlak te vestig, in plaas van om toe te laat dat ware federalisme gedy.

In 1994 het ons nege provinsies geskep, maar ons het uiters min bevoegdhede en gesag aan hulle verleen.

Sonder eie-inkomste sal ons nie in staat wees om ons infrastruktuur op te gradeer nie, en ons sal belemmer word ten opsigte van mededinging op die internasionale mark vir volhoubare buitelandse belegging.

Ek wil teenoor die agb Minister beklemtoon dat ons nie moet tou opgooi in hierdie stryd om eie-inkomsteskepping nie. Die weiering van die ANC om ons versoeke te oorweeg, sal lei tot die gevolg dat ons mense verder verarm.

Mnr S E BYNEVELDT: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: ek is bewus van die Rel dat ons nie veronderstel is om toesprake af te lees nie. Ek is bereid om dit te ignoreer as die agb lid net 'n bietjie stadiger kan praat.

*Mnr D SILKE: Die agb lid hou nie van wat hy hoor nie! [Tussenwerpsels.]

Mnr S E BYNEVELDT: Nee, nee, dit is nie die ... [Onhoorbaar.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid mnr Byneveldt het sy punt gemaak. Dit is nie 'n punt van orde nie. Baie lede lees hul toesprake af. Die agb lid mnr Silke mag voortgaan.

*Mnr D SILKE: Me die Voorsitter, in hierdie verband moet ons in hierdie provinsie ... [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid mnr Silke mag voortgaan.

*Mnr D SILKE: Me die Voorsitter, in hierdie verband moet ons in hierdie provinsie geld insamel en werk skep. Watter beter manier is daar om dit te doen as om druk op die nasionale Regering te plaas om van Kaapstad 'n vrye hawe te maak? 'n Vrye hawe is 'n spesiale soort vrye gebied, naamlik 'n vrye gebied wat in 'n hawegebied gele is. Die belangrikste voordeel van 'n vrye hawe is die vermindering in doeane formaliteite vir skepe wat die hawe binnekom, wat die ontskepingsproses derhalwe bespoedig.

Die DP beveel aan dat Kaapstad tot 'n vrye hawegebied verklaar word, met 'n aangrensende vrye handelsgebied. Die doeane- en belastingvrye handelsgeriewe wat aangebied sou kon word, sou aan Kaapstad soortgelyke status as aan Hong Kong verleen, en buitelandse bankgeriewe sou in hierdie vrye handelsgebied verskaf kon word om buitelandse kapitaal en belegging aan te lok.

Me die Voorsitter, 'n mens kan jou die werk wat in hierdie verband geskep sal word, indink. Dit is hierdie soort voorstel wat ons bemagtiging vir die mense noem.

Die jongste RGN-meningsopname wat gister vrygestel is, toon dat werkskepping die belangrikste oorweging vir alle Suid-Afrikaners is. In plaas daarvan het die nasionale Minister van Finansies hierdie en elke provinsie gedoem tot mislukking deur 'n gemiddelde groeikoers van slegs 3,4% in die vooruitsig te stel.

Dit is skeppende en eksperimentele beleidsrigtings soos di wat ek uiteengesit het wat toegelaat moet word om die armes op te hef - nie om hulle tot meer armoede, meer honger, meer haweloosheid of meer misdaad te verdoem nie. Me die Voorsitter, dink aan die ekonomiese uitwerking as ons hierdie voorstelle sou aanvaar. Ek wil graag aan die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning - en die nasionale Minister van Finansies - s dat indien ons nie ons eie belasting kan invorder vanwe probleme in daardie verband nie, ons eerder moet konsentreer op groei op daardie wyse.

Me die Voorsitter, ek weet uit internasionale voorbeelde hoe hierdie voorstelle die armes prakties kan ophef, maar die ANC-Regering op sentrale vlak hou aan om 'n veelvuldigheid van standpunte in die provinsies te verhoed; hulle verhoed streekdiversiteit - wat so belangrik is waar elkeen van ons provinsies sy eie wonderlike sterk punte en geleenthede het - en die ANC op sentrale vlak verhoed eenvoudig eksperimentering op 'n plaaslike of provinsiale vlak.

Hierdie provinsie beskik oor die potensiaal om inkomste en werk vir almal te skep, maar ekonomiese lewering uit 'n nasionale perspektief gaan gebuk onder 'n swak deurdagte verdeling van Suid-Afrika in nege magtelose provinsies met 'n ewe swak deurdagte toekenning van nuwe hulpbronne, van rolle en verantwoordelikhede.

Me die Voorsitter, ek wil nou by 'n paar meer makro kwessies van hierdie Begrotingspos kom.

Oor die kwessie van dobbelary is ek veral bly dat die agb Minister melding gemaak het van die vraagstuk van probleemdobbelary en die gevolge wat dit vir ons gemeenskap kan inhou - veral in 'n gemeenskap wat deur armoede en miskenning gekenmerk word. Die DP aan hierdie kant van die Huis sal enige wetgewing ondersteun wat daarop gemik is om hierdie probleem te verminder.

Me die Voorsitter, gegrond op my vroere punt, en hoewel ek weet dat hierdie provinsie werklik sy casino-inkomste nodig het, is ek persoonlik in 'n sekere opsig jammer dat ons uiteindelik 'n groot deel van ons eie-inkomste sal verkry uit 'n bedryf wat dikwels die swak plekke in die menslike psige uitbuit. Dit is jammer dat ons dit nie ook kan ontvang uit die vrug van 'n skeppende provinsiale ekonomiese strategie wat losbreek uit die beperkinge van die nasionale Regering nie.

Me die Voorsitter, ek wil ook die departement, en veral dr Stegmann, bedank vir onlangse voorligtings vir die instelling van die nuwe Wet op Bestuur van Openbare Finansies. Dit is 'n kernbelangrike nuwe benadering wat 'n keerpunt tot gevolg sal h, en ons verwelkom dit.

Die infaseringsproeftydperk van sowat 10 jaar bly te lank, en ons hoop dat dit nie deur korrupte amptenare in ander provinsies uitgebuit sal word om hul eie belange te bevorder nie. Die filosofie onderliggend aan die WOBF is prestasie, uitsette en verantwoordelikhede. Dit is 'n dramatiese en welkome verandering van die relsgegronde benadering van die verlede. [Tyd verstreke.]

*Mnr M LOUIS: Me die Voorsitter, ek het 'n toespraak oor finansies voorberei, maar om eerlik te wees, moet ek eers s dat ek glo dat ek vandag die laagste laagtepunt van my sesjaar-lange politieke loopbaan bereik het.

As enige individu in 'n sakeonderneming na die direksie van daardie onderneming sou gaan en s, "Direkteure, ek wil weet of u aan my die toestemming sal verleen om navorsing te gaan doen, en die universiteit te vra om navorsing te doen, om te kyk of daar enige bykomende maniere is waarop ons inkomste in hierdie onderneming kan verhoog", sal dit vir die direksie onmoontlik wees om nee te s. Dat 'n versoek vandag aan hierdie Huis, wat bewus is van die lot van die mense, gerig word om toestemming om inkomste te verhoog, en dat die ANC dan beswaar maak daarteen, is iets wat ek nooit sal kan verstaan nie.

Dit gaan nie oor 'n belasting nie. Dit gaan oor bykomende inkomste, wat privatisering, uitbesteding en dies meer sou kon beteken. Dit is nie asof ek nie my beste pogings aangewend het om ondersteuning van alle politieke rolspelers te verkry nie. Ek het na die leiers van elke politieke party gegaan. Ek het na vier leiers van die ANC gegaan. Ek het selfs die voorstel van die Huis weerhou sodat hulle konsensus kon bereik, maar vandag het die ANC 'n agenda bevestig wat hulle het. Hulle wil nie h dat hierdie Provinsie moet presteer nie. [Tussenwerpsels.]

Die belangrike punt is dat ek persoonlik nie ure in hierdie Huis kan deurbring om debat te voer oor minder belangrike sake rakende of ons 'n geheime stemming moet h om die Regering uit te skop en of ons R2,5 miljoen aan kieserregistrasie moet bestee nie. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, dit gaan oor behuising. Dit gaan oor dienslewering. Dit gaan oor gesondheidsorg. Dit gaan oor die plan om R280 miljoen in te samel om 8 000 bykomende polisiebeamptes op die strate van die Wes-Kaap te kry. Dit gaan oor ekonomiese vertroue. Dit gaan oor toerismevertroue. Dit gaan oor vertroue in die Provinsie. Ek is ontsteld omdat ek glo dat ons 'n nuwe laagtepunt bereik het. Ons moet begin om saam te staan.

Wat erger is, is as sekere mense s dat hulle my sal ondersteun en dan in die Huis van plan verander. Vir my is dit selfs erger, maar ek sal nie van my waardigheid afstand doen deur dit te onthul nie. [Tussenwerpsels.]

Ek glo werklik dat die grootste uitdaging vir hierdie Regering - en ek sal dit altyd s - die verhoging van inkomste is. Ons kan nie op besteding konsentreer nie. Ons moet inkomste skep. Ek val nie die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme - ek wou ges het "my kollega", en hy is omtrent so goed as 'n kollega - aan nie, maar ek het by verskeie geleenthede aan hom genoem dat daar R250 miljoen in Batebestuur rondl vir die privatisering van daardie portefeulje. Ons wag al drie jaar en ons wil graag begin om op departemente van daardie aard te konsentreer, want dit kan in hierdie provinsie gedoen word, en ons sou aanvoer dat dit die koers is wat ons moet inslaan.

Ek wil dr Stegmann en sy hele Departement van Finansies bedank omdat hulle die taak goed verrig het. Een van my partykollegas het gesit en luister toe die Departement van Finansies sy Begroting aangebied het, en aan my gevra het, "Wat gaan jy aan daardie departement s?" Ek het geantwoord, "Wel, selfs al bedank jy hulle net, dan doen jy die regte ding."

Ek wil egter byvoeg, bloot in reaksie op die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning oor die onderwerp van casino's, dat ek wel glo dat ons tyd moet bestee aan wat om nie te doen nie. Soos agb lede weet, was die ACDP die enigste politieke party wat teen die casinowetgewing gestem het, want, soos ons nog altyd ges het, dit gaan ons meer kos. Die geld uit casino's is klatergoud. Daar word nie meer geld deur casino's geskep as 'n mens die maatskaplike probleme in berekening bring nie, en ek moet s dat ek dit waardeer het dat die agb Minister vandag op daardie element gekonsentreer het.

Me die Voorsitter, ek wil iets s oor die wetgewing oor die bestuur van openbare finansies wat dr Stegmann aan ons voorgehou het. Dit ly geen twyfel nie dat ons ten opsigte van hierdie Wetsontwerp baie gevorder het. Dit gaan oor fiskale en finansile beheer en die afwenteling van bevoegdhede na al die departemente. In hierdie verband dink ek dat die slagspreuk dat die bestuurders moet bestuur, maar verantwoordelik gehou moet word, 'n uitmuntende beginsel daarstel.

Ek dink dit is belangrik - ek hoop dr Stegmann neem kennis hiervan - om oor uitset en prestasie te praat, anders kan daar dalk 'n vals noot opklink. In die behuisingsdepartement kan die mense byvoorbeeld aankondig dat hulle 2 000 huise sal bou, maar van watter gehalte is daardie huise uiteindelik? Dit is die werklike en kernbelangrike punt. Dit is waar die teorie by die praktyk uitkom. Dit gaan oor meetbare prestasie en wat die prestasie-aanwysers is. Ons standpunt is dat ons dit baie noukeurig sal dophou.

Dan gaan dit ook oor die bewaring en bestuur van die bates, wat een van die sleutelaspekte is wat in hierdie prestasiebestuurswetgewing na vore kom. Ek was gister baie bekommerd toe die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning gemeld het dat ons oor die afgelope twee jaar, net in die Departement van Finansies, in 1998 een rekenaar en twee draagbare rekenaars ter waarde van R34 miljoen verloor het ...

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid moet nou by sy slotsin kom.

*Mnr M LOUIS: ... en in 1999 toerusting ter waarde van R36 miljoen verloor het, wat op R71 miljoen in twee jaar neerkom. Ek dink dat dit baie kommerwekkend is. [Tyd verstreke.]

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Voorsitter, ek wil myself met die agb lid mnr Strachan vereenselwig oor die toespraak wat deur die agb lid mnr Ismail gelewer is. Ons kan inderdaad s dat daar 'n wind van verandering aan die waai is. [Tussenwerpsels.] As ek met die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning praat, gaan ek s dat daar ook in die Nuwe NP 'n wind van verandering aan die waai is. [Tussenwerpsels.]

Ek wil net aan die agb lid mnr Louis, wat daarvan melding gemaak het dat die voorstel nie hier ondersteun is nie, s dat ek dink dat hy 'n sluk water moet neem en afkoel. Ten eerste, voorstelle word in hierdie Huis gedebatteer. Die besonderhede van daardie voorstelle word gedebatteer en aan die einde van die debat besluit die Huis of daardie voorstel goedgekeur word of nie goedgekeur word nie.

Ten tweede dink ek dat die agb lid van beter weet. Hy moet begryp dat die Uitvoerende Gesag oor mag beskik. As hy 'n saak wil ondersoek, hoef die Uitvoerende Gesag nie hierdie Huis te nader vir toestemming om dit te doen nie. [Tussenwerpsels.] Die Uitvoerende Gesag kan dit doen as hy dit wil doen. Wat ek hier s, is dat 'n mens nie emosioneel oor die saak hoef te raak nie.

Gister het ek, toe ek tydens die debat oor Begrotingspos 2 gepraat het, aangedui dat ek op die een of ander manier gemengde gevoelens oor die debat gehad het. Vandag moet ek onmiddellik die feit toegee dat amptenare in die Departement van Finansies in staat was om die denkwyse van die Ministers van Finansies te verander. Hulle kon met amptenare van die nasionale Regering saamwerk en die nasionale denkwyse bemeester. Dit is verfrissend en ons waardeer daardie harde werk.

Ons weet almal waar ons ten opsigte van hierdie Departement van Finansies vandaan kom. Ek dink dit is gepas om te s dat 'n wind van verandering in gesindheid werklik aan die waai is ten opsigte van die begrotingshervormingsproses in hierdie Provinsie, wat nog altyd deur die ANC benvloed en deur die nasionale Regering gelei is.

Me die Voorsitter, dit is vir ons aangenaam om die werklikheid van hierdie wind van verandering te beleef, want oor die afgelope vyf jaar het die ANC aangehou om die punte te maak wat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning vandag in sy toespraak gemaak het. Ons is bly dat iemand uiteindelik aanvaar het dat ons as die ANC reg was en reg bly.

Ons moet onthou waar ons vandaan kom. Ons het voorheen oor die begrotingsherprioritiseringsproses gepraat. Ons het die Departement van Finansies van 'n dokument voorsien wat polities deur die voormalige Minister van Finansies verwerp is, maar tot ons verbasing is aspekte van die dokument die volgende jaar by die begroting ingesluit. Toe die leier van die ANC, die agb Leier van die Opposisie, ges het, "Ons besit hierdie begroting," was dit omdat daardie feit gerugsteun is deur die inligting en die kennis van wat die ANC tot dusver ten opsigte van die begrotingsherprioritiseringsproses gedoen en ges het.

Die ANC is 'n konsekwente organisasie. Ons was verbaas toe ons in hierdie debat gesien het hoe die agb Premier en die Adjunkpremier, die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme, negatief reageer het op ons opbouende benadering tot hierdie Begroting. [Tussenwerpsels.] Hy het aangehou om te kere te gaan oor hierdie saak. Ek dink ek moet byvoeg dat hy oor die armes gepraat het sonder om eens te verduidelik uit watter klas agtergrond hy kom en wat hy en sy familie inderdaad vir die armes in hierdie land gedoen het. Hy het baie maklik daaroor gepraat.

Op die vlak van die Nasionale Vergadering het die Nuwe NP die begroting ondersteun. 'n Mens kan inderdaad die begin van 'n mate van konsekwentheid sien met hierdie verklaring deur die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning vandag. Ek wil aanhaal wat hy ges het toe hy sy Begrotingsrede voorgelees het:

... koherente en volhoubare ... beleid, het verseker dat Suid-Afrika die storm van die wreldekonomiese krisis merkwaardig goed deurstaan het.

Hy het ges dat die ANC die leierskap verskaf het. [Tussenwerpsels.] In hierdie stelling is daar 'n erkenning dat die ANC 'n moeilike proses bestuur het en verseker het dat hierdie land, danksy die ANC, 'n ekonomiese treinongeluk vermy het. Ja, die wind van veranderende gesindhede is aan die waai.

Mnre Kobus Meiring en Lampie Fick, na wie die agb lid mnr Ismail verwys het, is weg. [Tussenwerpsels.] Hulle is weg van die politieke toneel hier en is vergete, met die standpunt wat hulle ingeneem het en hul blameerspeletjies toe dit gekom het by die begroting en wat die begrotingsproses beteken het. Toe het die huidige agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning oorgeneem en aanvaar dat die ANC-begrotingsproses natuurlik die regte een was, die een wat gevolg moes word. [Tussenwerpsels.]

Die ANC moet hierdie prestasie vier, die feit dat hulle in staat was om almal op te voed om die proses te aanvaar. Kom ons erken die feit - en die agb Minister moet dit ook erken - dat die ANC leiding verskaf het en inderdaad besig is om uit die opposisiebanke leiding te verskaf, en sal voortgaan om dit te doen.

Me die Voorsitter, die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het in sy toespraak ges dat hierdie Begroting bedoel en gemaak is vir die armstes onder die armes, maar het 'n omrolbedrag van R10 miljoen toegewys aan wat hy armoedebestryding genoem het. Kom ek voeg die woord "program" by. Dit was die enigste R10 miljoen wat beskikbaar is om oor te rol in die program wat gemik is daarop om aandag te gee aan die armoede van die armes.
Ek is nie seker hiervan nie, en terselfdertyd het die agb Minister voortgegaan deur te s dat ons in hierdie provinsie beter daaraan toe is. Slegs 17,9% van die mense is werkloos, wat laer is as die nasionale gemiddelde. As ons daarna kyk en begin om dit te ontleed, en as ons die totale bevolking van 4,2 miljoen in die Wes-Kaap in gedagte hou, dan s die syfers aan ons dat 751 800 mense in die Wes-Kaap werkloos is.

Ek verstaan nie hoe die R10 miljoen sal begin om hierdie ho werkloosheid reg te stel nie. Ek kom agter dat woorde oor armoedebestryding gebruik word sonder dat daar behoorlike begrotingsondersteuning is en dit is natuurlik nie pragmaties nie. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ons het gesien dat die Wes-Kaap, sedert 1995, in gebreke gebly het om die tienpunt-verkrygingsplan in werking te stel, soos dit in daardie stadium genoem is. Daar is inderdaad oor en oor ges dat die Wes-Kaap nie 'n nasionale riglyn in werking sal stel tensy dit nie in wetgewing vervat is nie.

Die agb Minister het ons ingelig oor die beleid vir klein- en mediumondernemings wat mettertyd aan die Kabinet voorgel sal word. Die werklikheid is dat die klein sakelui nie behoorlik bevoordeel is deur regeringsinisiatiewe en -kontrakte nie. Dit is 'n werklikheid. Ons is ingelig dat die verkrygingsbeleid vir 'n jaar op die tafel van die staande komitee was, sonder vordering. Die vraag is: wat was die rol van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning om te verseker dat hierdie beleid dringende aandag geniet?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid moet nou by sy slotsin kom.

*Mnr L RAMATLAKANE: Me die Voorsitter, laat my toe om te s dat ons in SKOR ingelig is oor huidige regstellende optrede wat in die departement bevestig is. Ons is ingelig dat die Direkteur-generaal aangedui het dat die departement nie vordering gemaak het nie omdat mense regstellende optrede wou implementeer. Ek wil dit net verwerp as 'n lagwekkende, goedkoop en polities ... [Tyd verstreke.]

Mnr J P GELDERBLOM: Me die Voorsitter, ek wil ter aanvang ook my dank uitspreek teenoor die Departement van Finansies vir 'n uiters verantwoordelike Begroting wat ter tafel gel is. Die wyse waarop di departement, met die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning aan die spits, sy begrotingsverantwoordelikheid treffend bestuur, is noemenswaardig.

Ek wil my gelukwense oordra aan die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en dr Stegmann en sy volle bestuur. Die doelwitte van die Departement van Finansies is duidelik. Hulle weet waarheen hulle op pad is met finansies in hul departement, asook, in die bre gesien, met die finansies van die Provinsie Wes-Kaap.

Die Nuwe NP is besonder bendruk met die moniteringsaksies wat die Departement van Finansies loods om toe te sien dat finansile dissipline toegepas word in die PAWK. Kortliks, dit is 'n taak wel gedaan, en ek wens die agb Minister daarmee geluk.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr J P GELDERBLOM: Me die Voorsitter, ek wil my nie vanmiddag op die politieke terrein begeef nie, maar meer konsentreer op die debat oor Begrotingspos 3 - Finansies.

Ek wil stilstaan by die rol wat die opleiding van amptenare in die funksionele werking van finansile administrasie in die Departement van Finansies speel. In die privaatsektor is daar een goue rel wat die sukses of mislukking van 'n onderneming bepaal. Dikwels vind 'n mens in die privaatsektor briljante idees, gedagtes en bemarkers, maar 'n gebrek aan die finansile bestuurskundigheid sink so 'n onderneming. Dit is interessant dat dit oorwegend gebeur weens 'n gebrek aan die nodige kundigheid by finansile bestuur en finansile administrasie, en dikwels weens 'n gebrek aan enige opleiding in finansile administrasie.

Opleiding in finansile administrasie in die openbare sektor, en in die besonder in provinsies, kan die sleutel wees tot vooruitgang of wanadministrasie. Ek wil verder gaan, dit kan die sleutel wees tot die ontwikkeling of verval van 'n provinsie.

Dit is hartseer en skokkend as ons sien wat in ons openbare diens en in ons buurprovinsies gebeur rakende wanadministrasie. Ek maak die stelling dat die agteruitgang in die finansile administrasie in Suid-Afrika grootliks toegeskryf kan word aan die gebrek aan, of die manier van implementering van behoorlik toegeruste finansile opleidingsprogramme vir bestuur op die middel- en laervlakke.

Ons in die Wes-Kaap is opreg trots dat hier op deurlopende basis gefokusde finansile opleiding op bestuurs-, middel- en laervlakke plaasvind. Di opleiding verseker dat norme en standaarde ooreenkomstig die neergelegde voorskrifte van die Staatsdienswet in stand gehou word.

Die Nuwe NP in die Wes-Kaap beskou skoon en gesonde finansile administrasie as 'n voorvereiste vir die instandhouding van hierdie Provinsie se waardes en norme.

Me die Voorsitter, omdat ons 'n dag of twee gelede die geleentheid gehad het om 'n voorlegging oor die nuwe Wet op Openbare Finansile Bestuur te kon bywoon, was dit vir my baie duidelik dat die bestuurspan wesenlik 'n goed opgeleide finansile onderbou moet h. Danksy die Wes-Kaap was hierdie departement proaktief en het hulle reeds al die nodige skuiwe in die Departement van Finansies gemaak en die meganismes in plek geplaas om aan te pas wanneer die Wet op Openbare Finansile Bestuur gemplementeer moet word.

Volgehoue opleiding in finansile administrasie ten opsigte van hierdie wet is reeds in die Provinsie aan die gang, vir politici en op bestuurs-, middel- en laervlakke. Ons het dus hier reeds te doen met sigbare opleiding om ons met hierdie wet vertroud te maak.

Dit is egter belangrik vir die Wes-Kaap dat ons in die finansile opleidingsprogramme nou ook die geleentheid kry om kapasiteitsbou te bevorder. Die nuwe wet l 'n reeks vereistes neer, en daar sal toegesien moet word dat finansile stelsels in plek kom, die amptenare deeglik in finansile prosedures opgelei word, finansile voorskrifte geerbiedig word en dat die amptenare goed onderrig sal moet word in finansile voorsieningsadministrasie.

Ons aan hierdie kant van die Huis is besonder bly dat die opleidingskursusse wat die Departement van Finansies aanbied, gepaard gaan met 'n teenprestasie. Finansile amptenare by opleidingskursusse woon nie net seminare en werkswinkels by en ontvang sertifikate nie. Nee, hulle skryf ook toetse, en 'n 70%-slaagsyfer word vereis vir die suksesvolle aflegging van die kursus. Die suksesse is nou meetbaar.

Me die Voorsitter, amptenare se kennis word nou getoets - en dit is die verskil tussen gewone werkswinkels en kwaliteitopleiding.

Wat genoemde finansile opleiding betref, ... [Tyd verstreke.]

Mnr M L FRANSMAN: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: ek wil graag weet of dit korrek is dat net een of twee persone van die DP in die Huis is - ons het dit gister ook gesien - en nie eens ten minste die helfte van hul lede nie. [Tussenwerpsels.] Kan u asseblief vir ons duidelikheid daaroor gee?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ons kyk gewoonlik van hier af of ons 'n kworum het of nie, en ons het regdeur die sitting 'n kworum gehandhaaf.

*Mnr Y GABRU: Mnr die Voorsitter, ek is jammer dat die woorde van die ANC veroorsaak het dat die agb lid mnr Louis se bloeddruk so hoog gestyg en sy moraal so laag gedaal het! Ek verstaan hy het na die Parlement toe gekom omdat hy stemme gehoor het! Vandag het hy egter die verkeerde stemme gehoor, en ek wil nie h dat hy die Parlement moet verlaat nie. Ek wil die rekord regstel en aan die agb lid s dat die ANC ges het dat hulle graag die saak sou wou bespreek en dan sal hulle besluit.

Me die Voorsitter, ek is bly oor twee opmerkings wat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning vandag gemaak het. Ten eerste het hy gepraat oor die dobbelbedryf en hoe hy probleemdobbelary wil hanteer; en, ten tweede, het hy verwys na finansile bestuur. Ek hoop dat hy daardie goeie beginsels van finansile bestuur op die Dobbelraad sal toepas. Ek is nie seker hoeveel maal die voorsitter van die Dobbelraad na Las Vegas gegaan het nie. Ek wonder wat hy die hele tyd daar doen? Ek dink dit is omtrent die vierde keer dat hulle daar was.

Me die Voorsitter, ek wil egter aandag gee aan die kwessie van probleemdobbelary. Die agb Minister was heeltemal reg toe hy ges het dat ons reeds 'n probleem met onwettige dobbelary in hierdie provinsie het. Ons het gesien hoe vinnig dit oor 'n baie kort tydperk versprei het en ons was nie in staat om dit in toom te hou nie. Ons het nou 'n lotery en ons gaan 'n casino h. Ons sal inderdaad 'n baie ernstige probleem h.

Me die Voorsitter, in die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe is hierdie sake oor en oor bespreek. Ons het 'n ernstige probleem omdat die casino baie na aan die werkersklasgemeenskap van Elsiesrivier sal wees. Toe hierdie aangeleentheid in die staande komitee bespreek is, was hulle van mening dat hierdie groot casino's nie langs werkersklasgemeenskappe gebou moes word nie. Ek onthou die eerste keer toe die casino by Sun City gebou is, en enigeen wat die ontwikkeling van casino's in die land gevolg het, sal weet watter maatskaplike chaos in daardie werkersklasgemeenskappe geskep is. Die skade wat veroorsaak is, is nog steeds nie behoorlik bepaal nie. Ons gaan daarom 'n baie ernstige probleem h.

Van hierdie kant van die Huis wil ons graag by daardie debat betrokke raak en kyk na metodes en maniere waarop ons die situasie kan regstel. Ons moet nooit in 'n situasie eindig waar die geld wat ons bestee het - afgesien van die maatskaplike probleme wat voorkom - meer gaan wees as die geld wat die casino skep nie.

Me die Voorsitter, ek was 'n bietjie verbaas daaroor dat die agb Minister - en inderdaad die Departement van Finansies self - nie in staat was om te s presies hoeveel geld hulle gedink het hulle uit daardie casino's sou kon skep wanneer hulle aan die gang kom nie. Ons sal baie noulettend op daardie saak moet ingaan.

Ek wil ook aandag gee aan die kwessie van verkryging wat opgehaal is. In die versoek vir voorstelle deur ons Dobbelraad is die standpunt baie duidelik gestel, en ek haal aan:

The board regards the development and operation of casino developments as an opportunity to involve previously disadvantaged, and more specifically, local communities in the mainstream of the economy. Applicants shall therefore have to show a willingness and ability to involve formerly disadvantaged and local business people in the development. And finally, the project shall provide revenue for the Province.

Me die Voorsitter, dit is baie duidelik dat een van die maatstawwe wat baie gewig gedra het in die besluit oor wie die casino moes kry, juis die kwessie van plaaslike verkryging en die voordeel vir voorheen benadeelde gemeenskappe was. Sun West het self hierdie baie indrukwekkende dokument op glanspapier vrygestel. Ek wil graag voorlees uit hul inleiding aan die Dobbelraad toe hulle oor ekonomiese geleenthede vir voorheen benadeelde gemeenskappe gepraat het, en ek haal aan:

To that end real empowerment and not the enrichment of a small elite must be seen to take place and to take place here in the province.

Party mense kan dit dalk as ironies beskou dat hierdie brief deur Peter Swart en Hassan Adams onderteken is.

'n AGB LID: U vriende.

Mnr Y GABRU: Ja.

Me die Voorsitter, in hierdie baie indrukwekkende dokument is daar 'n organogram wat aantoon hoe die verkrygingsbeleid vir die nuwe casino gaan werk. Die organogram toon 'n Sun West verkrygingsbestuurder aan en dan is daar 'n direkte verbinding met kontrakteurs. Ons het baie gerugte gehoor dat wat nou reeds aan die gang is, is dat mense van binne Sun West nou maatskappye, wat hulle weet in die toekoms goedere aan Sun West sal verskaf, uitkoop.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Hulle kan dit nie doen nie.

*Mnr Y GABRU: Dit is die gesindheid wat ons nie wil hoor nie - hulle kan dit nie doen nie. Wat hierdie dokument wel doen, is om die belangrikste kontrakteurs in die ontwikkeling van die casino te noem. Wat dit nie doen nie, is om te kyk na wie die mense is wat die casino van kos gaan verskaf, wie die kentekens gaan behartig en daardie soort sake. Ons moet 'n versekering van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning in daardie verband kry.

Me die Voorsitter, wat hy so pas ges het, is baie teleurstellend. Ek het gehoop dat hy aan ons sou s dat hy sou verseker dat die Dobbelraad maatrels en metodes daarstel om te verseker dat selfs daardie kleiner maatskappye wat wel goedere en dienste aan die dobbelbedryf lewer, mense sou wees wat nie kontak met die oorspronklike aandeelhouers van die casino het nie. [Tyd verstreke.]

*Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, ten eerste wil ek die agb lid mnr Ramatlakane inlig dat indien 'n agb lid aan hierdie kant van die Huis sy mening gee oor iets wat hy steeds as 'n onregverdige praktyk beskou, die agb lid mnr Ramatlakane dit nie as 'n wind van verandering moet beskou nie. Daardie agb lid het ten minste die moed van sy oortuiging gehad en aandag aan die saak gegee. Hoeveel agb lede aan daardie kant van die Huis het die moed van hul oortuiging om op te staan en te s wat verkeerd is in die Ander Plek of wat die ANC daar na hulle mening verkeerd doen? [Tussenwerpsels.] Dit is wat vir my so vreemd is. Die enigste agb lid aan daardie kant van die Huis wat werklik eerlik is, is die agb lid mnr Fransman. Hy het sommer sy burgemeester afgedank. [Gelag.] Hy het die moed van sy oortuiging, en daarom kon hy dit doen. Sy kollegas kan dit nie doen nie. [Tussenwerpsels.] Al is tant Bucky nou ook al hoe kwaad, hy het haar afgedank omdat hy nie tevrede is met wat daar plaasgevind het nie.

Ek verseker dus die agb lid mnr Ramatlakane dat daar geen winde van verandering aan hierdie kant van die Huis waai nie - alles is nog op koers.

Mnr C M DUGMORE: En Abe Williams is nog 'n Nuwe NP-lid.

Mnr N M ISAACS: Natuurlik, wat is met u verkeerd?

Mnr C M DUGMORE: En ... [Onhoorbaar.] ... was nie by die KMR nie.

*Mnr N M ISAACS: Ja, en moet hy julle name ook uithaal; die mense wat nog altyd ANC-lede is? Natuurlik weet die agb lid dat daar aan albei kante gebreke is, maar laat ek nie verder tyd verkwis nie.

Me die Voorsitter, ek wil reageer op die punt wat die agb lid mnr Gabru opgehaal het van kleiner sakeondernemings. Ek het 'n dokument onder o gehad, wat reeds in sirkulasie is, ten opsigte van wat die agb lid uitgewys het. Die dokument is in sirkulasie. Ongelukkig, en dit is my beswaar, is die Provinsiale Regering nie daaroor ingelig nie. 'n Maatskappy het omsendbriewe uitgestuur, waarin hulle vir mense in sekere sfere van diens gevra het. As ons dit ontvang het, sou ons baie gelukkig gewees het. Dit dra ten minste by tot die oplossing van die groot werkloosheidsprobleem. My enigste ontevredenheid oor hierdie optrede is dat dit gedoen is deur ander strukture en die Provinsiale Regering is in die duister gehou.

Me die Voorsitter, ek wil die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning gelukwens met sy Begrotingsrede en na 'n paar punte in daardie toespraak verwys.

Ten eerste kan ek nie die versoeking weerstaan nie en moet ek oor die dobbelbedryf praat. Wat ek hier wil uitwys, is die wyse waarop indiensneming hanteer word. Ek het gedink dat indiensneming op so 'n wyse gedoen sou word dat dit die 40%-werkloosheidsyfer wat ons in die Wes-Kaap het, sou verminder, en dit gebeur nie op die oomblik nie. Hulle kan my nie vertel dat ons nie een bruin of blanke staalkonstruksiewerker in die Wes-Kaap het nie. As agb lede op hierdie oomblik na die perseel by Goodwood sou gaan, sou hulle nie een bruin staalkonstruksiewerker aantref nie. Agb lede sal nie een Wes-Kaapse bruin, swart of blanke staalkonstruksiewerker, skrynwerker en dies meer daar aantref nie. Al daardie werkers is mense wat in Gauteng gebaseer is. Ek is baie ontevrede daaroor. Ons moet hierdie saak definitief met die Dobbelraad opneem.

Die tweede punt wat ek wil beklemtoon, is die maatskaplike euwels wat met dobbelary gepaard gaan. Ek stem ten volle met die agb Minister saam oor daardie punt. In die stadium toe ons oor die casinokwessie vergader het, het ons aandag gegee aan die maatskaplike euwels wat met die bedryf sou saamkom. Ons het selfs verteenwoordigers van die nasionale Departement van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling laat kom en hulle gevra wat hulle in plek het om daardie maatskaplike euwel te bestry as die probleem sou ontstaan. Hulle het ons meegedeel dat hulle besig was om die probleem te ondersoek. Tot dusver het hulle nog nie een bladsy vrygestel om ons in te lig oor wat hulle beplan om ten opsigte van daardie maatskaplike euwels te doen nie.

Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning is op die regte pad deurdat hy bereid is om wetgewing in te dien. Ten minste sal ons weet dat indien daardie maatskaplike euwels ontstaan, daar maniere en metodes sal wees om die situasie te hanteer.

Wat verkryging en die Tenderraad betref, wil ek ten eerste my dank betuig. Dink aan waar die Tenderraad was toe ons vyf jaar gelede hier begin het. Dit het geweldige kritiek ontvang, en kyk waar dit vandag is. Ons moet hulle gelukwens met hulle pogings en die beduidende verbetering wat plaasgevind het. Ons moet hulle nie net kritiseer nie, maar ook prys waar dit gepas is om te prys. Dit is 'n feit dat ons nou die nasionale raamwerk het. Vroer of later sal die agb Minister met wetgewing vorendag kom sodat ons ons eie verkrygingswet kan h. Ons is nie ver van daardie punt nie. Dit is maklik, en ons kan dit te eniger tyd doen.

*Mnr G R STRACHAN: 'n Beleid sal goed wees.

Mnr N M ISAACS: Daardie agb lid vra voortdurend na 'n "policy". [Tussenwerpsels.] "Policy" spook by hom - of dit die "Red policy" of die Shell House "policy" is, weet ek nie, maar hy hou by sy "policy". Die punt is ons moet wetgewing in plek stel sodat ons kan voortgaan om die beleid uit te voer. Ek weet dit is iets wat hom altyd bekommer. As hy 'n dokument optel, kyk hy of die "Red policy" daarin opgeneem is. [Tussenwerpsels.] Ja, hy is altyd bekommerd oor die Rooi beleid. Ek weet nie waarom hy nog daaraan vasklou nie. Hy moet ophou om so anti-alles te wees.

'n AGB LID: Dit is afgehandel.

Mnr N M ISAACS: Dit is afgehandel. Laat dit nou daar. Ons vra bloot dat wetgewing nou ingestel moet word.

Me die Voorsitter, ek kom nou by die volgende punt wat ek wil uitlig. Dit is jammer, maar hierdie punt handel oor regstellende aksie en "equity". Die komiteevoorsitter het dit ook genoem. Dit maak nie saak aan watter kant van die heining 'n mens staan nie, ons is almal baie ontevrede met die huidige toedrag van sake. [Tussenwerpsels.]

Mnr C M DUGMORE: Gerald het vir Tasneem afgedank.

Mnr N M ISAACS: Ja, maar ons moet haar afgedank het. [Tussenwerpsels.] Die agb lid is reg. Het agb lede opgelet dat die agb Leier van die Opposisie die afgelope paar dae gereeld in die Huis is? Ek het al getel hoeveel maal hy afwesig was. Ons praat van lede wat afwesig is tydens sittings en vra selfs hoeveel maal 'n lid uit die Huis kan uitstap. Hoeveel agb ANC-lede sit net 'n paar minute lank in die Huis - kan die agb lid mnr Byneveldt dit bevestig? - en dan stap hulle uit. En dan praat ons hier oor die vermorsing van die belastingbetalers se geld! Die belastingbetaler betaal 'n lid vir die volle dag, maar sommige agb lede aan daardie kant van die Huis kom net hier gesig wys en daarna raak hulle weg. Kan die agb lid mnr Byneveldt bevestig dat ek reg is?

AGB LEDE: Hy is nie hier nie.

Mnr N M ISAACS: Hy is in sy kantoor, ... [Tussenwerpsels.] ... maar daar is lede wat 'n mens nie eens weet waar hulle is nie. As ek nou sou vra waar die lid is wat in daardie bank moet sit, sal ek hoor dat hulle nie weet nie. Ons praat van die belastingbetaler se geld, maar die belastingbetaler verwag dat die lede hier teenwoordig moet wees. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Voorsitter, laat ek ten eerste oor die voorsitter van SKOF, die agb lid mnr Ismail, s dat ek graag wil aanbeveel dat ons 'n vierde taal moet laat vertaal, want eerlikwaar, ek sou die agb lid mnr Ozinsky se woordeboek moet gebruik om party van die keurige woorde te verstaan wat hy in sy toespraak gebruik het. Ek sou graag wou h dat hy in die toekoms my toesprake moet skryf, want ek het sy toespraak terde geniet. In ernstiger trant ondersteun ek egter baie van wat hy ges het en ek verstaan dat hy dit uit die hart ges het.

Me die Voorsitter, ek sal aandag gee aan elke punt soos ek daarby kom. Wat die personeel en wat hy as wanbalanse in die personeel van Finansies beskryf het, betref, wil ek dit heeltemal duidelik maak dat ek glo dat die geskiedenis, hetsy onlangs of in die verre verlede, gebruik moet word om beleidsrigtings van die verlede reg te stel wat verkeerd was of dalk nie in werking gestel is soos dit moes geskied nie.

Ek is sedert Oktober 1998 hier, as ek reg onthou, en as ek my Hansard oor hierdie spesifieke saak moes raadpleeg, is ek seker dat ons sou sien dat ek beloof het om sekere sake gestand te doen, en ek is tevrede dat die toedrag van sake in die toekoms sal verander. Ek kan agb lede inderdaad meedeel dat die doelwit vir die diensstaat 50:50 teen die einde van 1999 was ten opsigte van geslag en die verhouding van anderskleurige persone teenoor blanke persone. Dit is egter nie altyd moontlik om daardie doelwitte te bereik nie, want 'n mens kan nie uitgaan en 'n personeellid verdrink sodat jy hom of haar kan vervang nie. Ons kan met ander woorde met die beste wil in die wreld aan die werk spring ten opsigte van die werklike syfers wat ons gestel het, maar ons kan nie 'n haelgeweer gaan haal en mense begin skiet sodat ons hulle kan vervang nie. Ons kan ook nie oorboord gaan en mense onbeteueld in diens neem sodat ons personeelverhouding tot 60% of 70% kan verhoog in vergelyking met die 56% of so iets wat dit nou is nie.

Ek glo wel dat dit belangrik is. My personeel - en ek kan s dat dit in sowel Finansies as Ontwikkelingsbeplanning sal wees - sal die Huis kan meedeel dat hierdie aangeleentheid konstant tydens my weeklikse vergaderings met hulle op die agenda is. Ek sal geen steen onaangeraak laat om toe te sien dat ons alle pogings aanwend om die doelwitte te bereik wat ons moet bereik nie. [Tussenwerpsels.]

Ek kom nou by die agb lid mnr Strachan, wat oor nasionale bevoegdhede oor belasting gepraat het, en dit is waarom hy van mening is dat daar 'n debat oor die vraagstuk van die agb lid mnr Louis se voorstel moet wees.

*Mnr G R STRACHAN: Ons weet u wil die mense van hierdie provinsie belas.

*Die MINISTER: Dit is 'n bietjie vroeg om met daardie verkiesingstyd-bog te begin. Wat ek wil s, is dat daardie agb lid die eerste persoon in hierdie Huis is - ek is bly dat ek soveel tyd moontlik het, met u toestemming, me die Voorsitter - wat die feit gekritiseer het dat die Provinsie nie genoeg inkomste van sy eie het nie, en hy hou aan om dit te doen. Ons sal nie ons eie inkomste kry deur in die middel van Adderleystraat vir goud of diamante te begin delf nie. 'n Mens kan dit nie op daardie wyse bereik nie. [Tussenwerpsels.] Ons sou belastings moes instel om dit te doen, en die agb lid het nie gekla ...

*Mnr G R STRACHAN: Waar is u beleid oor PPPs of openbare/private vennootskappe? Laat ons dit sien.

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek gaan nie nou na 'n nuwe onderwerp, naamlik PPPs spring nie, want PPPs sou ook iets anders kon beteken. [Tussenwerpsels.]

Wat ek wou s, is dat die agb lid mnr Louis daarvan kan getuig dat toe hy na my kantoor gekom het met die voorgestelde voorstel wat ek hom versoek het om te wysig, ek aan hom ges het: "Michael, die eerste ding wat by my opkom, is dat ek aan jou gaan s dat dit 'n vermorsing van tyd is. Dit is 'n algehele vermorsing van tyd want ek het aan alles gedink. Die departement het aan alles gedink. Jy is besig om jou tyd heeltemal te mors deur met hierdie voorstel en die ondersoek na die Huis te kom. Dit is uiterste verwaandheid." Ek het dit aan hom ges. Ek het aan hom ges dat ek geglo het dat dit belangrik is dat ons moet gaan sit en dink, dink en weer dink om 'n manier te kry om ons eie inkomste in hierdie Provinsie te verhoog. Dit is my gesindheid, en dit is waarom ek geglo het dat dit nodig was om dit te doen, met een wysiging wat ek daarop aangebring het, waartoe hy toegestem het.

Ons moet nie die houding inneem dat dit nie kan werk nie en dat ons dit daarom moet debatteer nie. [Tussenwerpsels.] Die agb lid wil dit, soos hulle dit in 'n ander taal s, "Abend und Morgen" debatteer. Dit sal nie help nie.

*Mnr G R STRACHAN: Het u dit by 'n Oostenryker geleer?

*Die MINISTER: Nee, ek het dit by Karl Marx geleer. [Tussenwerpsels.] Wat ek aan daardie agb lid wil s, wat wil voortgaan met sy stortvloed tussenwerpsels, is dat indien hy sal luister, hy sal leer. Hy moet probeer om sy ore 'n beter kans te gee as sy mond. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek glo dat dit vir ons nodig is om aan te hou om na die saak te kyk. Ek het onlangs 17 uur lank op 'n vliegtuig gesit op pad terug van Amerika ...

*Mnr Y GABRU: Van Las Vegas af?

*Die MINISTER: Ja, Las Vegas - of eintlik van Atlanta. [Tussenwerpsels.] Ek het daar gesit en aan myself ges dat ek sou gaan sit en onmiddellik begin soek na nuwe gebiede van eie-inkomste wat ons kan verbeter. My potlood het in die lug gehang oor my geel skryfblok. Dit het vir twee of drie ure daar gehang soos ek probeer het om items te kry wat ons op die agenda kon plaas.

Die antwoord is dat 'n mens moet aanvaar wat die agb lid mnr Louis s. Kom ons gaan sit, en kom ons kry die universiteite betrokke. Miskien is daar iets waarmee ons vorendag kan kom wat ons aan die nasionale Minister van Finansies kan voorstel, iets wat nie net vir hierdie provinsie nie, maar vir alle provinsies ingesluit kan word. Daar was byvoorbeeld na die beste van my wete hoegenaamd geen gesprekvoering oor lughawebelastings voordat ek met die idee vorendag gekom het nie - sekerlik nie by enige vergaderings van die Begrotingsraad of enige ander plek nie. Ek het dit by die NRVP bespreek en toe het dit ewe skielik nasionaal geword.

Ek glo ons het 'n oefening soos daardie een nodig. Dit kan geen skade doen nie en selfs al gaan sit ons uiteindelik en s, "Daar is niks wat ons kan doen nie", sal ons ten minste weet dat ons iets probeer bereik het.

Nadat ek by die agb lid mnr Ramatlakane aan die ander kant gehoor het dat dit 'n nasionale bevoegdheid is, soos sy tussenwerpsel gelui het, wil ek sy aandag op die feit vestig dat dit my werk is om kundiges, soveel as daar in hierdie provinsie is, aan te hoor sodat ek na die Begrotingsraad kan gaan en daardie standpunte kan oordra, want ek is nie 'n kundige met die hele wreld se kennis nie - en dit bied aan die agb lid mnr Dugmore 'n geleentheid. [Tussenwerpsels.]

Me die Voorsitter, ek bedank die agb lid mnr Strachan vir sy opmerkings ten opsigte van dobbelary. Ek sal nie aanhou om te herhaal wat deur ander sprekers ges is wat positief in hierdie verband reageer het nie.

Ek wil oor verkryging praat, wat hy ook opgehaal het. Ek het hier ges - ek het dit by verskeie geleenthede in SKOF ges, asook voorheen in die Huis - dat ek in my 100-daebeleidsrigtings met 'n voorstel aan die Kabinet na vore sal kom oor hoe verkrygingsbeleid verander moet word. Ek het daardie onderneming gegee. Nadat ek daardie onderneming gegee het, was ons heeltemal gereed om die voorlegging aan die Kabinet te doen toe die Sentrale Regering met die verkrygingswetgewing gekom het. Daardie wetsontwerp is egter nie volledig sonder die regulasies nie - en ek herhaal wat ek aan die komitee ges het. Ek het ges dat indien ek na die Kabinet gegaan het met ons beleid en begin het om dit in werking te stel, ek weer 'n week of drie later na die Kabinet sou moes gaan, wanneer die regulasies ook al uitgevaardig sou word, om dit in die lig van die regulasies te verander.

Ek dink dat ek dus om verskoning vra teenoor SKOF deur aan hulle te s dat ek nie aan my vyfmaande-onderneming kan voldoen nie vanwe die nuwe Wet, maar ek sal daaraan voldoen so gou as die regulasies in werking tree. Hierdie Huis het my woord daarvoor dat ek na die Kabinet sal gaan so gou moontlik na die regulasies uitgevaardig is. [Tussenwerpsels.]
Me die Voorsitter, ek is jammer dat die agb lid mnr Ozinsky nie op die sprekerslys was nie - hy was afwesig - want ek geniet altyd sy opmerkings. As hy tussenwerpsels wil maak, moet hy asseblief voortgaan. [Tussenwerpsels.] Ja, daardie agb lid het maar onlangs eers op die toneel verskyn.

Die agb lid mnr Strachan het 'n proses uiteengesit. Ek het dit nie volledig neergeskryf nie, maar hy het dit op skrif gehad. [Tussenwerpsels.] Ek wil aan hom s dat ek absoluut eensgesind is met hom oor iedere en elke woord wat hy daar ges het. Ek ondersteun wat hy ges het. Ek het 'n onderneming gegee dat hierdie Provinsie 'n verkrygingsbeleid sal h wat, glo ek, baie beter as enige ander provinsie in Suid-Afrika moet wees. Dit is die onderneming wat ek gegee het, en die agb lid kan my daaraan herinner wanneer of as dit nie gebeur nie. [Tussenwerpsels.]

Ek kom nou by die kwessie van HIS. Hy het gemeld dat die ...

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Tenderraad!

*Die MINISTER: ... Tenderraad - ek bedank die agb Leier van die Opposisie daarvoor - in stryd met die departement se aanbeveling opgetree het. Ek dink dit was 'n groot jammerte. Geoordeel aan wat ek in die lers gesien het, sou ek graag wou sien dat die tender volgens die departement se aanbeveling toegeken moes wees. Ek dink dit is basies wat die probleem in daardie verband was. [Tussenwerpsels.] Ek het na tekens gesoek dat iets nie pluis is nie, maar ek gaan nie gerugte in hierdie Huis versprei nie, want die rokie wat ek gesien het, wat maar net 'n vae dampie was, is iets wat ek nie kan bewys nie. Selfs met die beskerming van hierdie Huis sal ek nie hier begin om gerugte te versprei nie.

Me die Voorsitter, mag ek dit byvoeg? Ek wil ook 'n onderneming gee dat ek sal toesien dat 'n voorlegging aan SKOF gemaak word sover dit HIS aangaan. Ek dink dat die agb lid mnr Strachan die punt opgehaal het. Ek dink dat dit 'n heeltemal billike versoek is, en die voorlegging moet gemaak word so gou hulle dit kan doen. Ek sal met die departement daaroor praat.

Ek wil ook net iets byvoeg, sover dit die indiensnemingsbeleid aangaan, of - my verskoning - die voorkeurbeleid. Ek wil graag die aandag vestig op die feit dat dit, wat die vertragings betref waarna een van die sprekers verwys het, by SKOF was vir die tydperk van November 1997 tot April 1998. Laat ons nie al die blaam aan hierdie kant van die Huis of op spesifieke individue l nie.

'n AGB LID: Wie was die voorsitter?

Die MINISTER: Ek gee nie om wie die voorsitter was nie, maar ek gee aan agb lede die feite van die saak. Hulle het ook lede in SKOF gehad. Daardie agb lid moes met hulle gepraat het.

Kom ons verstaan dan dat die blaam gelyk verdeel word. [Tussenwerpsels.] Dit moes voorheen gebeur het, maar dit moes onder geen omstandighede vir daardie tydperk by SKOF gel het nie.

Die agb lid mnr Silke het melding gemaak van die sensussyfers. Natuurlik stem ek heeltemal met hom saam. Wat artikel 228 betref, is ek heeltemal daarteen gekant dat die Sentrale Regering artikel 228 onder die mat invee. Hulle het die verskoning - of ek moet eerder s, die rede - waarom hulle nie in staat is om artikel 228, wat voorsiening maak vir die instelling van provinsiale belastings, in werking te stel nie, aangevoer dat die SAID nie in staat is om die aangeleentheid op die oomblik te hanteer nie. Die SAID kan in die toekoms in staat wees om daardie bevoegdheid te hanteer, en ek glo dat die hantering van die saak eintlik uitgestel is hangende die vordering wat die SAID maak.

Sy idee van 'n vrye hawe - ek dink hy het dit voorheen in hierdie Huis opgehaal - is 'n uitstekende idee, en iets wat oorweeg moet word. Miskien kan ons oorweging daaraan gee om die universiteite betrokke te maak, soos deur my kollega die agb lid mnr Louis voorgestel, en daardie soort situasie as 'n verdere ondersoek in te sluit. Ons moet nie dink dat ons in hierdie gebou oor al die kennis beskik nie. Ons moet mense daar buite gebruik om ons te help in sake soos hierdie. Ons is nie 'n eiland nie.

Dan kom ek by die agb lid mnr Louis, en ek bevestig weer eens dat ek glo dat hy heeltemal reg is in sy voorstel, soos ek voorheen ges het. Ek glo ook dat hy daarop geregtig is om vies te wees, want wat my betref, as hy met agb lede aan daardie kant van die Huis gepraat het, sou dit ten minste gewone ordentlikheid van hulle gewees het om voor die sitting na hom te kom en te s, "Michael, ons gaan dit nie ondersteun nie." Ek glo dit is die manier waarop aangename mense sake hanteer. [Tussenwerpsels.]

Wat die syfers wat ek gister ten opsigte van die verlies van rekenaars en dies meer aangehaal het, wil ek die agb lid mnr Louis ook daarop wys dat ek dink - ek is nie seker hiervan nie, en ek sal Hansard dus moet raadpleeg - dat hy die syfers as miljoene aangehaal het, terwyl dit duisende moes wees. Ek moet myself nog heeltemal tevrede stel dat dit is wat hy gedoen het, maar ek het gedink dat ek hom daarop moet wys.

Laat ek by die agb lid mnr Ramatlakane kom. Die een ding waaraan ek 'n sterk afkeer het - ek weet dat die agb Premier hierdie saak by geleentheid opgehaal het - is dat hy afgetrede politici by die naam genoem het, Kobus Meiring en Lampie Fick, en begin het om hulle te kritiseer terwyl hulle nie in staat was om hulself te verdedig nie. Dit is iets waarvan ek nie hou nie, want ek dink nie dat dit regverdig en redelik is nie. Daar is 'n ou spreekwoord wat lui dat daar diewe-eer is. Selfs hoewel ons aan teenoorgestelde kante van die Huis sit ...

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: ons het hulle nie diewe genoem nie. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Me die Voorsitter, ek wil net graag verduidelik wat ek ges het. Ek het 'n algemeen bekende uitdrukking aangehaal om aan te toon dat daar eer tussen mense is. Dit is die uitdrukking wat ek gebruik het. Ek glo sekerlik nie dat die ANC individueel of gesamentlik - wel, miskien in hierdie provinsie - diewe is nie. [Tussenwerpsels.]

Mag ek ook aan die agb lid mnr Ramatlakane s ... [Tussenwerpsels.] ... dit was net 'n paar weke gelede, en ek bedank hom vir die kompliment wat hy gedink het hy aan my gerig het, maar dit is 'n hartseer feit omtrent politiek dat die agb lid wat op reis is in 'n ander land net 'n paar weke gelede, vanuit daardie banke daar oorkant, geskreeu het dat ek onbevoeg was, dat ek onbevoeg was, en op my bedanking aangedring het. Hier hoor ek vandag ewe skielik dat ek dalk oor 'n mate van bekwaamheid beskik. Ek bedank hulle daarvoor en omdat hulle van standpunt verander het. [Tussenwerpsels.]

Nou kom ek by die jongste tussenwerpselmaker, die agb lid mnr Gabru, wat die voorsitter gekritiseer het. Na my mening het hy meer skade aan die uitreikingsproses van casinolisensies as enige ander persoon in hierdie provinsie gedoen. [Tussenwerpsels.] Hier het hy weer eens die voorsitter gekritiseer sonder hoegenaamd enige kennis van hoeveel maal hy na Las Vegas of enige ander plek gegaan het. Hy het met die getal vier vorendag gekom. Ek waarborg dat hy nie die getal weet nie, en hy is besig om dit te raai. [Tussenwerpsels.]

Hy het weer eens die taktiek gebruik om die voorsitter van die Dobbelraad uit te daag. Ek wil aan u s, me die Voorsitter - en ek het dit by baie vorige geleenthede ges - dat ek algehele vertroue in die voorsitter en iedere en elke lid van die Dobbelraad het. Hulle verrig 'n uitstekende taak ondanks die kritiek en die terugwaartse stappe wat hulle moes doen vanwe die kritiek van mense soos die agb lid mnr Gabru. Hulle het iets bereik, en ek wens hulle geluk met wat hulle bereik het.

'n AGB LID: Iedere en elke een?

Die MINISTER: Iedere en elke een van hulle. Miskien moet daardie agb lid die agb lid vra wat langs hom sit, die agb Leier van die Opposisie. Hy het ook met hulle te doen gehad. Het hy enige kritiek? Nee. Dankie, me die Voorsitter, ek sal voortgaan.

Hy het oor die situasie van casino's in die algemeen gepraat asook oor klagtes wat hy ontvang het ten opsigte van, dink ek, die lewering van goedere aan casino's en die feit dat daar frontmaatskappye was wat deur Sun West of Sun International oorgeneem is om die casino's te voorsien. Ek haat daardie soort ding. Dit is 'n verskriklike beskuldiging om binne die beskerming van hierdie vier mure rond te slinger.

Ten eerste is dit nie my funksie om op hierdie sake in te gaan nie. Ek wil daarop wys dat die Dobbelraad 'n outonome liggaam is. Ek sou die agb lid mnr Gabru uitdaag - ek gebruik die woord "uitdaag" met opset - om sy beskuldigings na die Dobbelraad te neem. [Tussenwerpsels.] Ek sal hom ondersteun in die voorlegging van enige aantygings waaroor hy beskik. Ons moet nie skielik, met die beskerming wat ons hier geniet, die wenner van die lisensie kritiseer nie. Ek kan s dat mense na my toe gekom het - en ek sal dit ook buite die Huis s - en die agb lid mnr Gabru gekritiseer het omdat hy probeer het om ander belanghebbendes by die metropolitaanse casinolisensie te beskerm ...

*Mnr Y GABRU: Ek daag u uit om dit buite hierdie Huis te s.

*Die MINISTER: Ek sal dit s. Ek herhaal wat ek ges het, dat mense na my toe gekom het om die agb lid mnr Gabru daarvan te beskuldig - Hansard sal dit bevestig, maar ek sal dit herhaal - dat hy betrokke was by ander, of een ander, lisensiepersoon.

*Mnr Y GABRU: U sal dit buite hierdie Huis herhaal.

*Die MINISTER: Ek sal dit herhaal, me die Voorsitter. [Tussenwerpsels.] Die agb lid kan seker wees daarvan. Ek sal dit by die eerste geleentheid doen. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: Wat het u met daardie aantygings gemaak? Het u dit aangemeld? As u hierheen kom en dit s, het u dit aangemeld?

*Die MINISTER: Nee, ek sal aan die agb lid s wat ek met daardie aantygings gemaak het. Op dieselfde wyse as wat ek die agb lid mnr Gabru versoek om aan my getuienis te bring, of om die getuienis na die raad te neem, as dit getuienis is en bewys kan word ...

*Mnr M OZINSKY: Maar daar is geen getuienis nie. En dan kom u en herhaal die aantygings hier, sonder getuienis, met die wete dat dit nie waar is nie. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER: Die agb lid moet mooi luister. Die agb lid mnr Gabru het, voor daardie agb lid in die Huis wakker geword het toe hy hierheen gekom het, want ...

'n AGB LID: Waarom word u gesig rooi?

Die MINISTER: My gesig is nie rooi nie. Die agb lid kan ontspan. Voordat hy na hierdie Huis gekom het, moes agb lede gehoor het hoe die agb lid die dobbelproses aangeval het, hoe hy die Dobbelraad aangeval het, hoe hy die duiwel en sy broer aangeval het wat betrokke was by die dobbelproses, met die beskerming van hierdie Huis ... [Tussenwerpsels.] ... maar by nie een geleentheid het hy met enige geloofwaardige getuienis na vore gekom nie.

*Mnr Y GABRU: Ek sal die saak daar buite met u debatteer. Dan sal ons sien hoe eerlik u daaromtrent kan wees.

*Die MINISTER: My naam is nie Frank nie; dit is Leon. [Gelag.]

Me die Voorsitter, ek kom nou by die agb lid mnr N M Isaacs. Ek dink ek het ongelukkig my kollega die agb lid mnr Gelderblom uitgelaat. Ek bedank hom vir sy ondersteuning, veral die komplimente wat hy teenoor die amptenare uitgespreek het, wat baie waardeer word.

Die agb lid mnr N M Isaacs het oor dokumentasie gepraat wat hy gehad het. Net soos ek aan die agb lid mnr Gabru ges het, s ek aan die agb lid mnr N M Isaacs dat ek baie bly sou wees om daardie inligting te sien. As dit inligting is wat ek behoort te h, moet dit na my kom. As dit inligting is wat direk na die Dobbelraad moet gaan, sal ek help dat enige sodanige inligting daarheen gaan, want ek meng nie in met die werksaamhede van die Dobbelraad nie. Dit is die verantwoordelikheid van die Dobbelraad om hierdie sake op te neem en dit te ondersoek.

Me die Voorsitter, ek het niks in my notas oor nie, behalwe om die Huis te bedank vir hul algemene steun. Ek sal sekerlik al die sake wat hulle opgehaal het in oorweging neem, veral my onderneming om toe te sien dat die kwessie van die HIS-saak voor SKOF kom, sodat hulle 'n volledige verduideliking kan kry in antwoord op enige vrae wat hulle wil vra.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek sal nou vordering rapporteer. Voordat ek dit doen, wil ek agb lede net daaraan herinner dat die staande komiteevergaderings oor Gemeenskapsveiligheid en Sport ook hierna in die Huis sal plaasvind.

Debat afgesluit.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer.

Die Huis verdaag om 15:13.


1154	WOENSDAG, 8 MAART 2000



	WOENSDAG, 8 MAART 2000	1153



	WOENSDAG, 8 MAART 2000	1123


